Mediese Voorbereiding

Nog ‘n baie suksesvolle en vol mediese kursus is vandag in Pretoria aangebied. Ons beplan om baie gereelde mediese kursusse regoor die land aan te bied. Hierdie kursusse bestaan uit vlakke 1, 2 en 3 en kos ‘n fraksie van die markwaarde van hierdie mediese kursusse.

Ons wil sterk aanbeveel dat alle lede hierdie kursusse bywoon aangesien die basiese mediese noodhulpvaardighede uiters belangrik tydens komende anargie sal wees. Ons stel ook Eerstehulp sakke (binnekort op pakhuis.co.za) en tydens kursusse aan u beskikbaar, weereens teen baie billiker pryse as wat u in winkels daarvoor sal betaal. Maak asseblief gebruik van hierdie mediese opleidingsprogram en finaliseer u mediese voorbereiding. Skakel vir Wynand Coreejes by 076 811 3453 vir meer inligting oor mediese kursusse en kontak ons kantoor by navrae@suidlanders.co.za as u belangstel in die Eerstehulp sakke.

Deur | 2018-04-08T18:41:57+00:00 07 April, 2018|Kategorieë: Voorbereiding|