Mediese Voorbereiding

Mediese voorbereiding is krities vir die tye wat kom. Dit is elke persoon se verantwoordelikheid om minstens basiese noodhulp onder die knie te hȇ en om die nodige mediese voorraad daarvoor in hul voorbereiding te hȇ. Hierdie kennis en noodhulptoerusting kan lewens red.

In die afgelope paar weke is dit kommerwekkend om te sien hoe vinnig hospitale en nooddienste tot stilstand kom weens stakings en plundering, en is die vansprekende mediese sorg waarop ons ons hoop plaas, nie meer so vanselfsprekend nie. Dit is ongelukkig ook een van die duurste voorbereidings om te tref en dit word maklik afgeskeep.

Ons wil graag al ons Suidlander lede help om hierdie voorbereiding so finansieel ‘pynloos’ as moontlik te kan doen. Omdat ‘n gewone klein noodhulp sakkie jou maklik R500 na R800 uit die sak kan jaag, het ons noodhulp sakke saamgestel met basiese noodsaaklike items teen die goedkoopste moontlike pryse. Sien gerus ons webwerf www.pakhuis.co.za vir meer besonderhede, pryse en lys van inhoud.

Tesame hiermee het ons ook onderhandelings aangegaan met ‘n geakkrediteerde Noodhulp Kollege wat vir ons die kursusse bekostigbaar kan aanbied. Hierdie kursusse is van kardinale belang en kan lewens red.

Waar die kursusse standaard aangebied word teen R700 tot R900 per persoon vir Noodhulp Vlak 1, kan ons lede dieselfde kursus doen teen R450.00 per persoon (hierdie kursusse is geakkrediteer en die sertifikaat is 3 jaar geldig.) Gevorderde kursusse (Vlak 2 en Vlak 3) beloop gewoonlik ongeveer R1600 tot R2000 en word weereens vir ons lede teen slegs R950 per persoon aangebied.

Die vereistes vir hierdie spesiale pryse is dat dit slegs vir Suidlander lede beskikbaar is en dat dit nasionaal aangebied kan word solank daar ‘n minimum van 15 lede per klas registreer.

In die afgelope 3 weke het ons net in Pretoria omgewing 40 lede opgelei en minstens helfte van die lede het verder gevorder na die Vlak 2 en Vlak 3 Noodhulpkursusse.

Die behoefte is definitief daar, en die toeganklikheid daarvan is nou vrylik beskikbaar tot ons lede. Ons wil u aanmoedig om gebruik te maak van die geleentheid terwyl daar nog tyd is om voor te berei.

Kontak gerus vir Wynand Coreejes om te registreer vir die volgende Noodhulp Kursus:

Selfoon: 076 811 3453
WhatsApp: 062 586 4783
Epos: noodhulp@ims911.net
Om te registreer, volg asb. die volgende skakel en vul die aanlyn vorm in:
www.ims911.net/first-aid-training