Ienkie pienkie ponkie

Suid Arika eet nou donkie

Hiekerie diekerie dok

Ons maalvleis is nou bok

Taragie taragoe

Ons eet biltong-kangeroe

Kul jou hier kul jou daar

Ons steaks is van Sebra

Viskoekies in die Baai

Bestaan meestal nou uit haai

Daai hoender wat so dril

Is dikwels krokodil

Die salami aan die hak

Is dalk? Taiwanese brak,

En die sagte pienk polonies

Dalk net? Skotland-ponie,

Maar dis als die moeite werd

Die arme Britte kry net perd

Dankie Michiel Scholtz dat ons lekker saam met jou kon lag.

Paulus het sy bekommernis oor misleiding in 2 Kor 11:3 uitgespreek: “Maar ek is bang dat julle gedagtes weggelei sal word van die onverdeelde en suiwere toewyding aan Christus, soos Eva verlei is deur die listigheid van die slang.

Satan begin altyd met sy misleiding deur met ‘n gedagte in die mens te plant. Hy saai graag twyfel. Ons onthou hoe dié misleier die aanslag op Eva uitgevoer het. In Openb 20:3 lees ons dat Satan die misleier van die nasies is. Satan is deur God as aartsengel geskep om aanbidding in die hemel te lei, maar hy het homself bokant God se heerskappy verhef.

Die misleier is vandag nog hard besig om Christene gediskwalifiseer te kry in hulle geestelike wedloop (Openb 12:9; 1 Pet 5:8-9) Ons moet leer om Satan se taktiek van misleiding raak te sien en te weerstaan.

Paulus sȇ in 1 Kor 10:12: “Daarom wie meen dat hy staan moet oppas dat hy nie val nie.” Ons moet dus altyd uiters waaksaam wees en gedurig selfondersoek doen.

En soos Jesus moet ons die vyand weerstaan met die Woord van God. 2 Kor 13:5: “Stel julleself op die proef en ondersoek julleself of julle in die geloof lewe.” Ps 139:23; 1 Pet 5:8-9 – staan hom teё. In vers 9 sȇ die Amplified: “Withstand him, be firm in faith (against his onset – rooted, established, strong, immovable, and determined)

Ons durf nie ‘n pasiewe houding inneem nie. Ef 5:14 sȇ: “Ontwaak, jy wat slaap en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn.” Lees ook vers 15-16.

Ons is in ‘n geestelike oorlog gewikkel. Ons vyand slaap nie! God slaap ook nie. Maar ons moet waaksaam wees in die gees. Ook Rom 13:11-14

Wees op en wakker (watchful and never off your guard and cautious at all times).

Liefde

Anen