Mobiliteit

In terme van voorbereiding, hier is die grootste risiko faktor, en sekerlik die enkele punt wat die meeste afgeskeep word. Mobiliteit. Maak nie saak hoe voorbereid jy is nie, as jy passief, onbeweeglik, nie-mobiel is, is jy ‘n ‘sitting duck.’

In tye van anargie is die sleutelfrase vir oorlewing, ‘movement is life.’ Beweeglikheid, mobiliteit, die vermoë om in ‘n oogwink jou posisie te verander, is die sleutel tot oorlewing. In terme van ons standaard voorbereidingsvereistes waar ten minste ‘n sleepwa of woonwa of iets met vragvervoer moontlikhede jou, jou gesin en jou voorbereiding kan vervoer die minimum vereiste is, bly dit net effektief solank jy daardie voorbereiding in beweging kan hou.

In tye van anargie gaan u paaie kruis met volkseie mense, volksgenote wat met min of geen voorbereiding hul weg na veiligheid oop gesien het. Hierdie mense, goed van hart, onskuldig soos kan wees, gaan deur omstandighede gedwing word om elke moontlike vorm van invordering van lewensmiddele te gebruik, geweld indien nodig.

As voorbereides moet ons ons geliefdes blootstel aan die minimum geweld. Dit raak net moontlik wanneer ons beweeglik bly. Wanneer ons op een plek stagneer het die aanvaller, die plunderaar, die volksgenoot in nood die keuse van optrede. Wanneer kom hy/sy om te vat. Met watse hulpmiddele word daar gevat. Met watse getalle word daar gevat. Met watse metodes, vlakke van geweld, vlak van dringendheid word daar beplan indien u en u geliefdes met u voorbereiding in ‘n staat van stagnering, staties verkeer. In tye van nood neem u kwesbaarheid eksponensieel toe.

Fokus u voorbereiding op mobiliteit. Selfs al kan u veel korter met u huidige voorbereiding oorleef, om mobiel te wees is elke sent, elke kilometer van beweging werd.