Ongeveer twee jaar gelede het ons ’n reeks genaamd ‘Suidlanders Verklaar Oorlog’ gepubliseer. Hierdie reeks was ’n openbaring van kennis en insig aan duisende behoudendes. Ongeveer twee jaar gelede, het die wat met daardie kennis bemagtig is, die vermoë ontwikkel om te identifiseer hoe die liberale blanke magte hulself posisioneer en ’n politieke skuifspel voortsit om hulself te verryk. Dit ten koste van die behoudende nasionalistiese volksgenote wat nie bereid is om hul Bybelse standaarde en waardes prys te gee nie.

Hierdie reeks van 7 uitgawes het teweeggebring dat sekere huishoudelike name vandag in algemene gebruik is. Beskrywings soos ‘Die Reus’ en ‘Doringbos regering’ is vandag algemeen bekend wanneer die behoudende volksgenote hierdie geldmag bespreek. Aangesien ons oor die laaste twee jaar ’n oorweldigende volgelingtal bygekry het, is dit hoog tyd dat hierdie ‘nuwe’ lede hulself van die politieke spel vergewis.

Ons wil ’n beroep doen op ons ou hande om dit vir kennisname weer deur te lees. Ons wil ook vra dat alle lesers die sewe uitgawes genaamd ‘Suidlanders Verklaar Oorlog’ sal aanstuur, Epos, Tweet, Whatsapp en op elke moontlike sosiale mediakanaal versprei. Stuur dit vir u geliefdes en help ons om ons volksgenote op hoogte te hou sodat u ingeligte besluite kan neem. Lekker lees.