Die toer saam met oud-Recce, Wynand du Toit, vorder goed. Wynand vertel op sy toer van sy ondervindings in ‘n verskeidenheid operasies in die oud Suid Afrikaanse weermag en brei bietjie uit oor die belangrikheid van hoe ‘n anargiesituasie hanteer en oorkom behoort te word.
Ons het juis die afgelope naweek ‘n intense strategiese beplanningsessie met ‘n kamer vol oud senior weermagoffisiere gehad waarin die Suidlander Noodplan strategie weer in diepte deurgetrap is. Vir die eerste keer, met hierdie toer saam met Wynand, skyn ons bietjie lig op die kundigheid wat op die agtergrond die breinkrag van die Suidlander Noodplan inisiatief is.
In hierdie tyd waarin verskeie kleiner groepies aandag trek en roem op oplossings vir ‘n tyd van komende anargie, is dit dalk goed om te vra met hoeveel kundigheid u regtig tevrede behoort te wees vir die veiligheid van u geliefdes.