Nog Geldprobleme

EskomEskom  is weer diep in die knyp. In Junie het Eskom ‘n aansoek vir ‘n 25% verhoging by Nersa gedoen. Nersa is die Nasionale energiereguleerder wat enige tarief verhogings deur Eskom moet goedkeur – Nersa het die aansoek afgekeer.

Nou het Eskom weer hulle 2013 tot 2014 jaar afgesluit en daar is bevind dat daar R22,8 miljard minder ingevorder is as waarvoor daar begroot is. Eskom sal nou weer poog om hierdie R22 miljard deur tariefverhogings te dek.

Intussen sukkel die energiereus om betalings in te vorder by munisipaliteite weens wanbestuur en miljarde word verloor deur onwettige kragverbindings deur miljoene in swart woonbuurte. Aan die einde van die dag word wanbetalings gedek deur die woonbuurte wat wel betaal – blanke woonbuurte.

Hierdie kom neer op kruissubsidiëring van blanke betalers teenoor nie-blanke kragdiewe. Ten spyte van hierdie finansiële krisis waarin Eskom verkeer, is daar nou bekend gemaak in ‘n boek genaamd Blackout: The Eskom Crisis deur James-Brent Styan dat Eskom beoog om sy salarisse oor die volgende drie jaar met R10 miljard te verhoog. Die gemiddelde salaris by Eskom sal dan R68 300 per maand per werknemer beloop. Hierdie gemiddeld word bereken oor alle werknemers wat selfs handearbeid insluit.