Een vir een kom die liberales uit die kas met bekentenisse van ‘n komende ineenstorting van stabiliteit in SA. Oudergewoonte volg hulle huidige projeksies op die van konserwatiewes wat al twee dekades gelede byna woord vir woord gemaak is.

Nog so ‘n geval is sopas gemaak deur oud anti-apartheidstryder, Zackie Achmat. Achmat wat in die apartheidsjare in ‘n donker langstraat woonstelletjie in Kaapstad saam met sy gay vriend weggekruip het, en vertel van die wonderlike hoerhuis bokant die boekwinkel oorkant die pad, leef vandag in ‘n wêreld oppad om in duie te stort. Sy verkampte vooruitsigte van die toekoms eggo dié van sy eweknieё soos Max du Preez, Piet Croucamp, en kie.

Dit moet verskriklik wees om te moet erken: “SA is on the verge of chaos… all of us just hope Cyril will win and things will be a little better and we can go back to normal: but we cannot go back to normal. We cannot continue betraying our children, our youth.

Die voordeel wat ons as behoudendes het, is dat hierdie bewuswording van komende anargie nie ‘n verassing is nie. In teenstelling met wat liberales nou paniekerig moet erken, is dit vir ons nie ‘n ontnugtering nie, maar ‘n jarelange verwagting wat nou in vervulling kom.