Nog ‘n Waarskuwing

kknk‘n Paar slimmes het nou by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees aan Die Burger se gesprekreeks deelgeneem. Prof. Mohammed Karaan, Dekaan van die Fakulteit Agriwetenskappe aan die Universiteit Stellenboch, Christo van der Rheede, adjunk uitvoerende direkteur van Agri SA en Darius Jonker van die SAAG Jonker-groep, was die sprekers. Hulle ingeligte akademiese en hoogs gesofistikeerde opinie rakende die toekoms van Suid Afrika, lyk soos ‘n plagiaatstuk vanaf die Suidlander webwerf.

Volgens Karaan gaan ons teen einde van die jaar grootskaalse onluste en drastiese regeringsstappe sien. Hy reken die stygende kospryse gaan grootskaalse geweld ontketen. Volgens hom gaan Suid Afrikaners dié jaar drie keer meer vir kos moet opdok, die arm massas het eenvoudig nie daardie geld nie.

Hier is ‘n paar aanhalings uit hul gesprek:

Ons gaan hewige politieke onstabiliteit beleef, en glo my, daar gaan onluste regoor die land uitbreek.

Die studentebetogings is ook net die oortjies van die seekoei wat ongelukkigheid onder jongmense betref. Dit wat ons nou sien gebeur, kan oorvloei na die landbousektor.

Ons politiek beweeg na die ekstremisme en baie burgers sluit hulle aan by verregse bewegings.

Kyk na die EFF en ander faktore wat ekstreme denke aanvuur. Die faktore gaan ons oor die volgende drie jaar baie hard slaan.

Mense is honger, daar is nie geld nie, en konflik is die enigste pad uit.

Blankedom van Suid Afrika, julle moet wakker skrik. Terwyl die breëstroom liberale media ‘n komende tyd van anargie luidkeels beaam, sit hier talle blankes, behoudendes nog daarby, en speletjies speel.

‘n Groot deel van die opregte en behoudende gemeenskap het in ‘n grap ontaard. Daar word die een regse “tot hiertoe en nie verder nie” vergadering na die ander gereël. Generaal range word links en regs uitgedeel vir nat-agter-die-ore laaities. ‘Noodplanne’ word om die braaivleisvuur gereël. Agter elke garagedeur word ‘n organisasie bedryf deur ‘n generaal met ‘n faksmasjien, ‘n browns uitrusting en genoeg lede wat in ‘n taxi kan pas.

Julle speel speletjies met mense se lewens. Dit terwyl daar oor meer as ‘n dekade deur opregte kundiges met opregte range ‘n profesionele noodplan vir die hele volk saamgestel is. Ons deure is oop vir alle volksgerigte organisasies om in te skakel.

Die Suidlander Noodplan gaan nie in detail op die tafel gesit word vir enigeen om te sien nie. Die tyd het aangebreek dat elkeen wat hom ag ‘n volksleier te wees, sy groot ego opsy skuif en begin koördineer met dit wat reeds in plek is. ‘n Paar honderd of duisend mense op ‘n eie-rigting missie gaan nie ‘n kans staan teen die massas nie – daar is provinsies in Suid Afrika waar jy vroeg reeds moet uit. Ons het honderde groepe oor die land wat kan koördineer, kommunikeer en wedersyds hulp aanbied.

Aan die einde van die dag sal die Suidlander Noodplan eenvoudig die beste kans op oorlewing bied. Moenie talm nie, kontak ons sodat ons koördinering kan reël. As u verbonde is aan ‘n organisasie wat nog nie met ons geskakel het nie, sou ons voorstel dat u druk op u leierskap begin uitoefen om dit wel te doen, of skakel self direk by ons in. Die Suidlander Noodplan is ‘n noodplan, nie ‘n organisasie nie. U kan by hierdie noodplan inisiatief inskakel. U word nie ‘n lid nie en dit kos u niks!