noodplanDie Suidlanders het onlangs die Noodplan.co.za webtuiste geloods en kort daarna opgegradeer na ‘n meer sekuur stelsel op dieselfde web adres. Die Noodplan.co.za is ‘n diens wat die Suidlanders bied aan ons NoodSMS-stelsel intekenaars. Een groot diens wat die webwerf bied is die Koördinaat stelsel.  Dit bied ons intekenaars optelpunte en deugangspunte volgens die omgewing wat die intekenaar aan die stelsel verstek. Eersdaags is ‘n Suidlander kollege ook op die Noodplan.co.za beskikbaar. Hier kan intekenaars aanlyn kursusse voltooi, eksamen skryf en ‘n bevoegdheid uitdruk as hulle dit slaag.

Dit is baie belangrik om te besef dat die doel agter hierdie stelsel privaatheid is.  Volksgenote wat vir welke rede nie aktief by ons groepe kan betrokke wees nie kan self voorberei en inligting bekom  om deel te vorm van die Suidlander strukture tydens en na anargie. Dit kan ook dien as gereedskap vir selfs die aktiewe Suidlander om homself beter te kan voorberei.

Hier volg ‘n kort oorsig.

Die Artikels (Op Noodplan.co.za)

Die artikels waartoe u toegang kry op die Noodplan.co.za webtuiste is waardevol om die Suidlanders strukture van tydens en na anargie te verstaan. Dit is belangrik om die fondasie te verstaan van die strukture waarvoor mens voorberei en waarin mens eendag gaan funksioneer.

noodplan-uitknip