Anders as met ons mense wat in stedelike gebiede bly, het ons duisende lede in die platteland waar ‘n vlugtelingsituasie heel moontlik nie gaan ontstaan nie. Hierdie is veilige areas wat eerder ontvangsgebiede sal wees.

Indien u twyfel of u in so ‘n veilige gebied woon, kan u gerus met u leierskap kontak maak. Een van die risikos vir lede wat in sulke veilige gebiede woonagtig is, is die kort tyd waar infrastruktuur die lewensgang van plaaslike rewolusionȇres kniehalter.

Veilige gebiede gaan baie vinnig na anargie uitbreek deur blanke vlugtelinge oorspoel word. Vanaf die aanbreek van anargie gaan vragmotors nie meer aflewering by winkels doen nie. Elektrisiteit gaan moontlik afgaan, watervoorsiening onderbreek word, ens. Hierdie oorbruggingstyd vanaf die uitbreek van anargie tot en met die tyd waar veilige gebiede deur Suidlander strukture en vlugtelinge gestabiliseer en bestuur word, is die risiko-tyd vir ons mense in sulke veilige gebiede.

Die maklikste oplossing hiervoor is om so vroeg as moontlik soveel as moontlik vlugtelinge by u te ontvang sodat u getalle u in so ‘n beginfase van onstabiliteit sal beskerm.

Skakel gerus ons bestuurspan om uit te vind of ons reёlings met u kan tref. (Nie noodwendig SL veilige areas nie.)