Oorsese Befondsing

Ons tweede besoek in Amerika was weer baie suksesvol. Ons is reeds na verskeie ander lande genooi en werk nou hard aan toerreёlings daarvoor. Die AmRen konferensie is een van die grootste van sy soort in Amerika en daar was ons vereer deur die hoof spreekbeurt te kry. Die toespraak wat Simon daar gelewer het, het ‘n magdom komplimente opgelewer. Ons kan nie wag om dit met u te deel nie.

Ons wil ook dankie sȇ aan die bywoners op die konferensie vir skenkings wat hulle vir ons gemaak het. ‘n Kontantbedrag van $3 143 is ingesamel. Behalwe vir ‘n $100 tjek wat ons nie kan verhandel nie, sal ons kortliks die volle bedrag van $3 043 in die Freestartr dieselprojek inbetaal.

Met daardie projek het ons reeds $44 885 ingesamel. Onthou asseblief om hierdie projek aan te hou steun. Onthou ook dat die Freestartr befondsing nog in trust in die VSA lȇ. Ons sal u deeglik op hoogte hou van dieselaankope sodra die fondse beskikbaar raak.

Deur | 2018-05-07T20:20:09+00:00 07 Mei, 2018|Kategorieë: Ander, Belangrike Kennisgewing, Hoekom Suidlanders, Internasionaal, Voorbereiding|