Die Oosrand provinsie het die afgelope naweek ‘n gereedheidsoefening gehou om hul leiers en personeel se paraatheid en gereedheid te toets. ‘n Area net buite die woongebied was geidentifiseer, en voor eerstelig was hulle gereed om ‘n ‘noodboodskap’ aan ons lede te stuur.

Die opstel van die hele VBS, kompleet met die kommunikasie afdeling, Noodhulp, Ontvangs, Veiligheid en Logistiek, was binne 50 minute gereed om die eerste ‘vlugtelinge’ te ontvang. Minder as ‘n uur nadat die sms uitgestuur is, het die eerste vlugtelinge aangekom. Hulle is ontvang deur jongmanne wat reggestaan het met die relevante vraelyste en instruksies.

Opgeleide patrolliehonde het gedurig saam met hulle hanteerders ‘n wakende oog oor die verrigting gehou.

Vlugtelinge is by hulle aankoms deur die hele VBS area geneem en hulle kon prakties beleef hoe ’n VBS funksioneer.

Die lede van die Oosrand was slegs gewaarsku dat ‘n oefening sal geskied gedurende die naweek, en tyd en plek is eers op die dag van die oefening per sms gestuur.

Hierdie tipe oefening sal voortaan nasionaal by verskillende sektore gedoen word. Begin u provinsie ook hiervoor gereed kry.