1 Kor 15: 1-4; 33-38; 42-45; en 58

1 BROEDERS, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan,

2 waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs geglo het.

3 Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte;

4 en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte;

 

33 Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes.

34 Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; want sommige het geen kennis van God nie. Ek sê dit tot julle beskaming.

35 Maar iemand sal sê: Hoe word die dode opgewek, en met hoedanige liggaam kom hulle?

36 Dwase mens! Wat jy saai, word nie lewendig as dit nie gesterf het nie.

37 En wat jy saai — jy saai nie die liggaam wat sal word nie, maar ’n blote korrel, byvoorbeeld van koring of van iets anders.

38 Maar God gee dit ’n liggaam soos Hy gewil het, en aan elkeen van die saadkorrels sy eie liggaam.

 

42 So is ook die opstanding van die dode: daar word gesaai in verganklikheid, daar word opgewek in onverganklikheid;

43 daar word gesaai in oneer, daar word opgewek in heerlikheid; daar word gesaai in swakheid, daar word opgewek in krag.

44 ’n Natuurlike liggaam word gesaai, ’n geestelike liggaam word opgewek. Daar is ’n natuurlike liggaam, en daar is ’n geestelike liggaam.

45 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ’n lewende siel geword; die laaste Adam ’n lewendmakende Gees.

 

58 Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.