Mense moet onthou dat die Suidlander Noodplan geskryf is met spesifieke fokus op totale anargie. Om by anargie uit te kom is ‘n proses van stelselmatige aftakeling van stabiliteitsaspekte. Die momentum wat die EFF en ANC nou met grondbesetting en onteiening sonder vergoeding gekry het, is een stappie nader aan anargie toestande. Dit het ten doel om ‘n klimaat van toe-eiening onder die swart massas te skep. ‘n Gevoel dat dinge aan hulle behoort en dat hulle mag vat.

Dan is daar ook talle stemboodskappe wat die rondte doen en wat paniek saai rakende die komende sluiting van die Parlement. Alhoewel daar verskeie situasies is wat mens bekommerd maak, weet ons dat dit slegs die stappe is tot by ‘n finale ineenstorting.

Die Suidlander Noodplan staan gereed, strukture is opgerig, ons radiokommunikasiestelsels is reg en ons mense is voorbereid. Ons gaan nie elke paar weke oorreageer wanneer ons ‘n stap nader aan anargie beweeg nie. Anders as ander behoudende groeperings het ons fisiese voorbereidings in plek, nie net praatjies nie.