Die optog en protes teen plaasmoorde wat vandag plaasgevind het, het ‘n baie swak opkoms gelewer. Die organiseerders daarvan, grootliks Doringbos affiliale, het beplan om dit ‘n enorme geleentheid te maak.
Alhoewel plaasmoorde tragies is en net ‘n simptoom van opbouende rewolusionêre klimaat is, het Suidlanders dadelik geidentifiseer dat hierdie tragiese voorkoms van geweld teen ons mense nou gebruik word om behoudende steun by hierdie organisasies te wen.

Oudergewoonte het blanke geldmag instellings nie die “boots op die grond” soos wat ons nog altyd in die behoudende gemeenskap het nie. Die regse geluide wat hulle maak, is net soos met die NP regering ‘n manier om behoudendes te trek.

Die swak opkoms vandag, asook duisende kommentare op sosiale media wat deur ons personeel gemonitor word getuig daarvan dat mense deur hierdie kullery sien. Al minder behoudendes is bereid om deur hierdie instellings opgeroep en aangewend te word.

Die skille is besig om af te val.