Port Elizabeth Onttrekkingskamp

Ons beplan ‘n kamp (onttrekkingsoefening en opleiding) na ons fase 1a punt vir die naweek van die 27 en 28 Oktober.

Dit is lekker naby en min brandstof sal nodig wees om by te woon. Die kamp is ook gratis en daar is geen koste aan verbonde nie.

Laat weet asseblief vir Bernice by 082 390 6340 wie die kamp gaan bywoon, asook of julle die Vrydag en Saterdag of slegs vir die Saterdag gaan deurkom.

Ons glo dit sal, soos altyd, groot pret en ‘n leersame ervaring wees.

————————————————————————————————————————————-

Om ons kostes van die saal huur vir vergaderings, asook die borde en ander behoeftes by onttrekkingspunte te dek het leierskap besluit om ‘n dans te reël!
Dit beloof om ‘n lekker geleentheid te wees en almal is welkom. Bring familie en vriende saam.

Datum: Saterdag 10 November 2018
Tyd: 19:00 tot Middernag
Plek: Italian Klub, Harold Str, Charlo

Bespreek by Bernice op 082 390 6340
Kaartjies: R40 pp
Hoop om almal daar te sien!

💧Groete,

Mike en Bernice
Port Elizabeth

Deur | 2018-10-08T10:56:10+00:00 08 Oktober, 2018|Kategorieë: Ander|