Daar was onlangs ‘n groot bohaai gemaak oor die topverkoper boek “The President’s Keeper”. Die Suidlanders het ook die boek gelees.  Die eerste teken dat hierdie boek ons van moedeloosheid gaan laat sug, was Max Du Preez se endossement daarvan. “This is dynamite.”

Jacques Pauw en Max du Preez het saam by die anti-apartheid “koerant” Die Vrye Weekblad gewerk. Dit is ook belangrik om te verstaan waarom Pauw so baie informasie oor Zuma het.

  1. Pauw en Max du Preez het Jacob Zuma persoonlik geken en hom gehelp in die stryd teen apartheid.
  2. Pauw, soos Max, is deel van die Doringbos span, en omdat die Doringbos so dringend van Zuma wil ontslae raak het hy toegang tot Doringbos bronne, soos die voormalige MI6 [1] agent Paul O’ Sullivan. [2]

As mens die eerste paar bladsye deurgewerk kry, raak dit duidelik dat die boek een doel voor oё het – om vir Zuma af te breek. In hierdie dele bemark Pauw  sy gastehuis en roem hy op sy anti-apartheid stryd.

Terwyl dit waar is dat Zuma al die slegte publisiteit verdien, is dit duidelik dat Pauw suur is omdat Zuma nou die beheer van Suid Afrika by die ANC se voormalige Doringbos-baas weggeneem het en die belastingkoei nou aan ander verkoop.

Die boek se idiologiese doel (anti-Zuma propaganda) forseer Pauw om van logika af te wyk. ‘n Voorbeeld hiervan is dat die boek in die fynste detail verduidelik hoe Zuma van die begin af omtrent die duiwel homself was, selfs, volgens Pauw, in die tyd wat hy en Max Zuma gehelp het in die stryd teen apartheid.

Max du Preez and I embarked on secret negotiations with the ANC’s head of intelligence, Jacob Zuma. His name meant nothing to me. A go-between flew between Lusaka and Johannesburg to deliver messages. Eventually the top command of the ANC agreed to our proposal, and in early November 1989 Coetzee and I flew to Mauritius, where I conducted the interview with him and took down a statement. When he left the island to fly to London, where Zuma was waiting for him, he asked me: “So what do I call him when I greet him?” I wasn’t sure myself and said: “Comrade, I suppose.” From then on everyone was comrade. Two weeks later, Vrye Weekblad pasted a big photograph of Coetzee

–        The President’s Keeper bl 64

Die duiwel wat Pauw probeer swart smeer is dieselfde duiwel wat hy gehelp het om president te word. Die feit dat hy (en Max) na dit steeds as ‘kenners’ bestempel word is alleen bewyse van ‘n Doringbos sameswering.

Nog so ‘n voorbeeld (die boek is vol daarvan) van sulke kognitiewe gimnastiek deur Pauw, is hoe hy dit duidelik maak hoe Zuma Mandela se groot vriend was.

Mbeki was forced to tolerate Zuma, who was after all hand-picked by Mandela to be his successor’s right-hand man. But once Mbeki was re-elected in 2004, he wanted to bury Zuma. Both leaders drew their daggers. Mbeki relied on his intelligence network, the Scorpions and the NPA to finish Zuma off.”

–        The President’s Keeper bl 73

Ons weet almal hoe Pauw (en Max) oor hulle “heilige” Mandela voel. As hulle grootste held (Mandela) en hulle grootste vyand (Zuma) sulke boesem vriende was… Hoe maak dit sin.

In deel twee bespreek ons hoe Pauw bieg dat niemand Dirk Coetzee se storie oor die Vlakplaas “death-squads” wou plaas nie omdat niemand dit geglo het nie, selfs nie liberales nie. NET die Vrye Weekblad was bereid om sy snert te plaas nadat hulle hom aan Zuma voorgestel het.

[1] https://www.iol.co.za/news/south-africa/vendetta-or-crusade-for-justice-481726

[2] https://citizen.co.za/news/south-africa/1717194/paul-osullivan-helped-pauw-with-his-new-book/

Die boek is belaai met feite wat net weer dui op die mantelswaaiende karakter van liberale opinievormers. Die bekendstelling drup van selfverhoging en arrogansie. Dat hierdie volk nog deur sulke arrogansie mislei word is verregaande.