Alhoewel ‘n kaping baie traumatiese ondervinding is, het Netstar ‘n paar riglyne gedeel wat gevolg kan word, veral met kinders in die voertuig.

  • Die eerste goue reёl is om nie die kapers te antagoniseer nie.
  • Wys die kapers dat jy nie ‘n gevaar inhou nie. Hou jou hande in die lug om aan te dui dat jy nie ‘n vuurwapen het nie. Gebruik jou linkerhand om die veiligheidsgordel los te maak en die voertuig in neutraal te sit.
  • Moenie die voertuig afskakel nie.
  • Klim stadig uit die voertuig indien daar kinders in die voertuig is, en noem kalm vir die kapers dat jy jou kinders gaan uithaal. (Die oudste kind moet altyd agter die bestuursitplek sit, en die jonger kind/ers links agter.)
  • Beweeg na die agterdeur agter die bestuursitplek. Plaas jou een voet ferm in die kar op die vloer agter die bestuursitplek en leun oor om die jongste kind uit te haal. Die ouers kind sal heel moontlik outomaties aan jou vasklou en jy kan beide kinders gelyk uit die kar haal.
  • Bly kalm. Indien die kapers paniekerig raak en die voertuig in beweging kom voordat jou kinders uit die voertuig gehaal is, sal die feit dat jou voet reeds in die kar is, jou liggaamsgewig jou in die voertuig laat inval, in plaas daarvan dat kapers met jou kinders wegry.
  • Moenie jou rug op die kapers draai nie want dit stel jou organe meer bloot.
  • Moenie direkte oogkontak maak met die kapers nie.

PUNTE OM TE ONTHOU TYDENS ‘N KAPING

Onkunde maak vir ‘n maklike prooi vir kriminele. Hier is ‘n paar nuttige wenke om jouself te beskerm.

  • Wees ekstra waaksaam by hekke, opritte, motorhuise – kyk uit vir verdagte persone en voertuie in die omgewing.
  • Wees bedag vir verdagte persone wanneer u stop by stopstrate, verkeersligte en wanneer u bestuur in stadsverkeer, en veral ook wanneer u bestuur in stil areas in die aand.
  • Ry vinnig weg as ‘n verdagte persoon u voertuig nader.
  • Hou altyd die voertuig se deure gesluit en die vensters toe.
  • Hou waardevolle items in voertuig uit sig.
  • Moenie dadelik reageer op persone wat aandui dat daar fout is met jou voertuig nie. Ry tot by die naaste vulstasie of polisiestasie voor ondersoek ingestel word.
  • Moenie stop en vir ander motoriste wag indien jou voertuig moeilikheid gee nie, ry (indien moontlik) na ‘n veilige plek. Skakel dadelik nooddienste.
  • Wees versigtig vir persone wat vra vir aanwysings, veral in parkeerareas.
  • Maak seker jy word nie gevolg as jy tussen jou werk en huis ry nie. Ry na die naaste polisiestasie of ‘n plek waar daar baie mense is indien jy wel vermoed dat jy gevolg word.
  • Vermy stil strate en areas.
  • Indien jy gekaap word, is dit belangrik om soveel as moontlik besonderhede van die kriminele te momoriseer, let op hul klerasie, letsels, voertuigregistrasienommer, ens.
  • Kontak nooddienste so vinnig moontlik na kaping.

NB. Jou lewe is meer werd as die duurste voertuig, moenie die kapers teёgaan nie.