Voedselsekerheid

Na die onlangse droogtes het voedselsekerheid weer die onderwerp van bespreking geword. Daar is egter veel meer gevare as net die risikos wat natuurtoestande skep.

Hierdie droogtetye, brande, vloede, en soortgelyke toestande laai  ’n bestaande voedselsekerheidsrisiko net meer.  Die grootste risiko bly egter die regering se onwilligheid om die landboubedryf te prioritiseer. Ons het dit gesien in die afwesigheid van droogtehulp wat aan boere gebied is.  Dit raak ook duidelik wanneer ons kyk na die manier waarop die regering plaasmoorde totaal ignoreer.

Wanneer ‘n konfrontasie of insident voorkom tussen boere en swartmense, word daar uitermatig aggressief teen die blankes opgetree. Daar is ‘n duidelike, sigbare aggressie teen die blankes wat al meer byna simbolies in aggressie teen boere vertoon word. Die landbougemeenskap word al meer deur die regering gedemoniseer. Landbouproduksie lei swaar hieronder.

Die effek van lae voedselproduksie is hoë pryse, en hongersnood. Miljoene mense leef reeds onder die broodlyn. Hierdie toestande dra by tot onstabiliteit en ‘n baie onseker sosiale toestand onder die arm massas.