Ekonomie

Min mense besef die gevare wat swak ekonomiese toestande vir stabiliteit inhou. Onstabiliteit word gedryf deur ongelukkige arm massas. Daar is ‘n groot verskil tussen die verwagte stabiliteitstoestande van ‘n arm land en dié van ‘n ryk land wat verarm.

Die bepalende faktor in ‘n oorgang tot anargie is nie soveel hoe mense krepeer nie, maar eerder die verandering in die verwagting van massas. Mense het ‘n ongelooflike vermoë om omstandighede te aanvaar as jy reeds daaraan gewoond is. Kenners sê egter dat die besef dat omstandighede gaan verander, egter baie gevaarliker is.

In Suid Afrika is daar wel miljoene armes, maar wanneer hulle besef dat hulle omstandighede drasties gaan versleg, kook emosies oor en vind mens massa optrede. Suid Afrika se ekonomiese toestande hou ‘n konstante bedreiging in dat die reeds kreperende massas binnekort groter finansiële tekorte gaan beleef. Senior politici het reeds erken dat Suid Afrika se enorme sosiale toelae rekening nie volhoubaar is nie. Hierdie een enkele uitspraak behoort erge kommer te wek.

Suid Afrika en sy leiers het nie die vermoë of die politieke wil om ‘n ommeswaai in ons kwynende ekonomiese toestand te bewerkstellig nie. Die ekonomiese skip stuur op die ysberg af, dis net ‘n kwessie van tyd