Mense verval vinnig in ‘n groef wanneer dit by voorbereiding kom. Die ou cleché van soveel maande se kos, genoeg kampgoed, tente, dalk ‘n karavaan, vuurwapens en ammunisie, medikasie ens. is maar oor die algemeen dieselfde lys by elke Suidlander familie.

Daar is egter ‘n sekere aspek van voorbereiding wat baie voordelig vir u en u gesin kan wees. Onthou dat daar sekere lewensmiddele, dienste, en kundigheid beskikbaar gaan wees of selfs in oorvloed verkrygbaar sal wees. Groot hoeveelhede lewende hawe en graan is nog in die platteland beskikbaar, maar sal moontlik in tye van anargie onder bestuur geplaas of steeds die eiendom van boere wees.

‘n Groot hoeveelheid vlugtelinge sal beskikbaar wees om arbeid of sekuriteit aan u familie te kan beskikbaar stel. Kundige mense soos dokters sal in veilige areas beskikbaar wees. Sekere mense sal eenvoudig met deeglike voorbereiding dalk oorgenoeg ammunisie, medikasie, watersuiweringsmiddels, toiletpapier ens. beskikbaar hê na jare se voorbereiding. Al hierdie artikels, dienste en kundigheid raak beskikbaar in ‘n mark waar daar geen geld-eenheid is wat daarvoor kan betaal nie.

In so ‘n tyd raak ruilhandel ‘n baie gewilde term.  Dit laat u met die vraag: Wat het u om te ruil? Fokus vir ‘n slag daarop om kommoditeite op te gaar wat u vir ruilhandel spesifiek kan aanwend. Ons praat hier van relatief goedkoop items wat hoog in aanvraag sal wees. Om te voorkom dat te veel mense sulke items nou aankoop, plaas ons nie ‘n spesifieke lys nie, maar noem slegs voorbeelde.

‘n Item soos toiletpapier sal geweldig hoog in aanvraag wees, maar ook baie skaars. U sal byvoorbeeld toiletpapier relatief goedkoop kan opberg vir ruilhandeldoeleindes, en dit kan ruil vir basies enige ander items asook dienste, kundigheid, sekuriteit, ens.

Gaan dink self wat u kan bymekaar maak wat in die komende tyd waardevol en skaars sal wees.