Samesprekings Met Duitse Parlementslede

Suidlander Bestuur was hierdie naweek gasheer vir ‘n afvaardiging vanaf die Duitse Parlement. Hierdie lede is vanuit die amptelike opposisie teen die Merkel regering. Hulle is LP’s van AFD (Alternatief Vir Duitsland) en verteenwoordig die behoudende deel van Duitsers.

Met die snelle toename in Moslem immigrante in Duitsland, en die daaropvolgende toename in geweldsmisdade soos verkragtings en moord op die Duitse volk, is die AFD tans die vining-groeiendste party in die land.

Dit was ‘n eer om met hierdie mense op amptelike, maar ook persoonlike vlak te vereenselwig. Die parallele tussen hulle volksaak en ons eie as Suidlanders, is ongelooflik. Ons veg dieselfde stryd teen dieselfde maghebbers, ervaar dieselfde aanslae, beskuldigings, en vervolging. Ons kon ure gesels oor dieselfde dinge – min geld, lang ure, onderhoude, dae op die pad, en vele meer.

Suidlander Bestuur is besig om noue bande te smee met baie interessante mense op baie interessante plekke. Lede kan met ‘n gerustheid weet dat ons vriende maak waar dit tel. Verwag dat ons in die toekoms, wanneer dinge moeilik raak, simpatie van internasionale volksgenote sal hê.

 

 

Deur | 2018-09-04T20:11:46+00:00 04 September, 2018|Kategorieë: Internasionaal, Media|