Selfmisleiding

Die dag as ons voor Jesus te staan kom, sal ons geen verskoning hȇ nie. Die hele Bybel is vol vermanings, maar ook bemoedigings. Ons raak so betrokke by die verantwoordelikhede , die spoed en die haas van die lewe, dat ons die Vader maklik laaste in die ry inskuif. Pasop! – dis ‘n set van Satan. Ja, maar ek was Sondag kerk toe! – sȇ baie. Nee! Die Vader hou nie boek daarvan nie, maar wel van ons innige, opregte verhouding met Hom.

Daar is ook iets soos selfmisleiding. Ek moet myself mos daagliks klee met die wapenrusting – veral met die gordel van waarheid. Onthou Satan se eerste strategie is misleiding.

Neil T. Anderson het dit goed opgesom in “The Bondage Breakers”

  1. Ons mislei onsself as ons die Woord hoor maar dit nie toepas nie. Jak 1:22: “Julle moet doen wat die Woord sȇ en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself.
  2. Ons mislei onsself as ons sȇ of dink dat ons geen sonde het nie. 1 Joh 1:8: “As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie.” Onbelyde sonde werk soos kanker.
  1. Ons mislei onsself as ons dink ons het gearriveer. Ja, ons is spesiaal in die Vader se oё, maar wat ons bereik is deur Sy genade. “Never take credit for what God has provided, rather take delight in accomplishing worthwhile deeds which glofiry the Lord.” Lees 1 Kor 15:10: “Maar deur die genade van God is ek wat ek is…”
  1. Ons mislei onsself as ons dink ons is wys. Lees asb 1 Kor 3:18-19 “Niemand moet homself mislei nie. As iemand dink dat hy volgens die maatstaf van hierdie wȇreld ‘n wyse man is, moet hy dwaas word sodat hy werklik ‘n wyse mens kan word.” Spr 3:5-7: “…moenie op jou eie inisigte staatmaak nie…” Ook 1 Kor 2:16
  1. Ons mislei onsself as ons dink ons is gelowig, maar kan nie ons tong beheer nie. Jak 1:26: “As iemand dink hy is godsdienstig maar hy hou nie sy tong in toom nie, bedrieg hy homself. Sy godsdiens is waardeloos.”
  1. Ons mislei onsself as ons dink ons gaan nie oes wat ons gesaai het nie. Lees ook Gal 6:7-9 (NB)
  1. Ons mislei onsself as ons dink die onregverdige (unrighteous) gaan die koninkryk van God haal. Lees 1 Kor 6:9-10 baie noukeurig.
  1. Ons mislei onsself as ons met slegte geselskap assosieer, en dink dit sal ons nie beinvloed nie. 1 Kor 15:33: “…slegte geselskap bederf goeie sedes.”

Die Vader waarsku ons herhaaldelik oor misleiding. A.D le Roux sȇ dat om geestelik gesond te bly, moet die Woord van God prominensie oor ons denke hȇ.

Groete

Anen

Deur | 2018-07-29T16:18:38+00:00 29 Julie, 2018|Kategorieë: Geestelik|