Die Khoisan, in samewerking met sekere blanke groeperings, het ‘n sesseringsaksie van stapel gestuur waarin daar wettiglik aanspraak gemaak word op selfbeskikking. Hulle voer aan dat blankes, sowel as die ander inheemse swart stamme die vroegste en enigste aanspraak op ‘n grondgebied het wat min of meer die Kaap provinsies betrek.

Alle wettige fases van die proses is nou uitgeput, wat beteken dat ‘n fisiese oorname die enigste oorblywende opsie is. Vanweë die staatsgreep ondertoon van hierdie sesseringsaksie, en ook weens die rigiede mandaat van die Suidlander Noodplan, kan ons op geen manier betrokke wees by hierdie sesseringsinisiatief nie.

Indien dit ‘n projek sou wees waarby Suidlanders geimpliseer word om sodoende vervolging te bewerkstellig, sou dit die Suidlander Noodplan inisiatief blootstel aan iets wat ons geen aandeel of mandaat oor het nie.

Ons sal ook definitief optree met skorsings indien enige lid by hierdie sesseringsaksie betrokke sou wees.

Suidlander Bestuur