Sit Skouer Aan Die Wiel

Dinge gaan tans teen so ‘n tempo sigbaar agteruit dat duisende blankes met rede baie bekommerd raak. Ons terugvoer vanuit provinsies en streke is dat aansluitings dramaties toeneem. Gebruik hierdie aktiwiteite om ons strukture verder uit te brei deur uself beskikbaar te stel om groepleierskap op te neem en u eie groepe te ontwikkel.

Daar is ook tientalle poste in departemente regoor die land wat gevul moet word. Insiggewende kursusse op die internet sal u in staat stel om in ‘n verskeidendheid departemente te funksioneer. Vir weerbares is dit belangrik om uit te vind watter sektor relevant is tot u omgewing se vlugrigting en uself daarvoor beskikbaar te stel.

Verskeie sektore word binne ‘n vlugsituasie in ‘n lang grenslyn van ongeveer 1 600 km opgerig. Hierdie sektore van ongeveer 50 km frontbreedte het elk ‘n ontvangs, vlugtelingbeheersentrum, en verdedigingsvermoëns wat uitgebrei moet word.

Ons wil reeds teen 27 September ‘n sektor toer onderneem met ‘n span bevelvoerders asook van hulle kritiese personeel. Op hierdie vier dag toer, gaan ons dan ook toerusting toets en ons nuut uitgebreide herhaler netwerk op die proef stel.

Hierdie infrastruktuur en bevelstrukture kan net uitbrei indien ons leierskap verhoogde aktiwiteite in provinsies stimuleer. Hoe meer vergaderings, opleiding, oefeninge en verkenning julle organiseer, hoe meer mense sal aktief raak en hoe groter die vermoë van die Suidlander Noodplan.

Kom ons sit skouer aan die wiel, daar is baie werk en min tyd.

Bestuur

Deur | 2018-08-09T17:32:41+00:00 09 Augustus, 2018|Kategorieë: Ander, Belangrike Kennisgewing, Hoekom Suidlanders, Opleiding, Provinsiaal, Voorbereiding|