Skakel In

Mense raak erg bekommerd, met rede, oor die toestand in die land. Gister het Cyril Ramaphosa nie net aangekondig dat grondonteiening sonder vergoeding gaan voortgaan nie, maar ook genoem dat stedelike gebiede ook hervorm sal word. Die aggressie waarmee onteiening nou aangevoer word, is inderdaad kommerwekkend.

Mense sal hulle moet voorberei vir drastiese optrede. Dit is baie belangrik dat u die Suidlander Noodplan met vriende en familie deel. Dit bied veel meer as net ‘n Noodplan vir anargie. Dit skep die moontlikheid van ‘n ondersteuningsbasis. ‘n Groep wat jy ken, wat jy vertrou, en wat bymekaar kan staan in enige situasie van nood.

In groepsverband kan daar saam gewerk word om dié wat moeilik voorberei, by te staan. Bejaardes en enkel ouers kry ook dikwels hulp in omgee groepe wat hul op hul eie nie sou kon hȇ nie.

Trek soveel as moontlik mense in by u volgende vergadering en kom ons brei die Suidlander Noodplan inisiatief nog verder uit. Hoe groter ons getalle, hoe groter is die vermoё wat ons sal hȇ om mekaar by te staan in onseker tye.

Vir inskakeling en meer inligting kan u ons gerus kontak by navrae@suidlanders.co.za

Deur | 2018-08-02T16:51:59+00:00 02 Augustus, 2018|Kategorieë: ANC, Ander, Belangrike Kennisgewing, Belangrike waarskuwing, Hoekom Suidlanders, Risiko's in SA, Voorbereiding|