Skietgoed, Wettig Asseblief

Een aspek van voorbereiding wat ons met rede oor die jare afgeskeep het, is sekerheid. Hier sal baie mense kan uitbrei en kreatiwiteit aan die dag lȇ. Verskeie groepe het al gekyk na selfverdediging in die vorm van verskillende karate-soorte soos Craft Maga. Baie mense hou van mesopleiding en messe om hulself mee te verdedig terwyl ander kruisboё en pyl-en-boё aangeskaf het. Sommige het tot verfbal gewere met allerhande gevaarlike balletjies.

Kom ons wees nou maar eerlik, die tyd wat voorlȇ gaan nie speletjies wees nie. Jou eie lewe en ook dié van jou familie indien jy die man in die huis is, gaan teen ‘n gevaarlike vyand moet verdedig. Jy gaan baie ongemaklik en kwesbaar voel met enigiets minder as ‘n ordentlike skietding.

Hier is die keuse nie die een of die ander nie, maar ten minste drie verskillendes om drie verskillende toestande te kan hanteer. ‘n Handwapen vir naby bedreiging, ‘n langafstand geweer vir ‘n komende bedreiging en om voortydig aan die vyand te verklaar dat hy nie moet nader kom nie, en dan iets wat ‘n hoё frekwensievuur op die teiken kan plaas – iets soos ‘n semi-outomatiese wapen. Vir die laasgenoemde het mens natuurlik spesiale lisensies soos sportskiet nodig.

Die boodskap is eenvoudig, kry jou papierwerk in orde en skaf ordentlike (wettige) vuurwapens aan. Moenie een enkele rondte minder as die wettige hoeveelheid aanhou nie (ook asseblief nie meer nie).

As enige iemand gedink het dat ‘n volledige vermoё om jou en jou geliefdes met die maksimum geweld toelaatbaar in gewelddadige omstandighede te verdedig ‘n luuksheid is, maak jy ‘n groot fout, dis ‘n moet-hȇ waaroor jy eendag baie dankbaar gaan wees.