Smeerveldtogte

Propaganda is een van die mees oorwerkte gereedskapstukke in die liberale politiek. Diskreditasie en swartsmeerdery deur middel van propogandistiese breёstroom media leuens word daagliks ingespan teen veral meer behoudende politici en leierskap. Die verspreiding van negatiewe inligting oor so ‘n individu is byna sonder uitsondering ‘n fabrikasie. Soveel so dat aggresiewe aanvalle op ‘n behoudende individu in die breёstroom media sonder twyfel as ‘n vals leuenveldtog geidentifiseer kan word.

Die eerste en beste voorbeeld hiervan is die talle leuenberigte wat vroeёr jare oor Gustav Müller gepubliseer is. Dit is eers gestaak toe die aanvoerders van hierdie gerugte begin agterkom het dat behoudendes in vergeleke met sy uiters morele karakter, dit deurgaans lagwekkend gevind het.

Dieselfde aanslag is geloods teen Theodor Guttenberg, die eertydse Duitse Minister van Finansies. Liberale politiek moes hierdie konserwatiewe man uit die politiek verwyder en het hom van plagiaat aangekla. Natuurlik is die aanklagte na sy bedanking nie verder ondersoek nie.

Julian Assange, die stigter van WikiLeaks, is ook van seksuele aanranding en verkragting beskuldig. Dis so oorspronklik, toevallig net na verskeie sensitiewe geheime deur hom uitgelek is. Assange skuil steeds in die Ekwador se ambassade in London. Die aanklagte teen hom is teruggetrek.

Ook met Donald Trump was daar geen tekort aan valse aantuigings nie, wat nie een deurgevoer en water kon dra nie.

Raak gewoond aan hierdie taktiek, u gaan dit moontlik in die toekoms meer gereeld teёkom. Die Suidlander inisiatief raak daagliks ‘n groter doring in die vlees vir die Suid Afrikaanse ‘establishment.’ Met oorlogsretoriek wat nou byna daagliks die Suidlander bestaansreg valideer, is ons te wagte dat hoogs inkriminerende propaganda op ‘n stadium teen Suidlander leierskap aangewend sal word. Bly sensitief vir die Gees en bid elke dag vir leiding.

Deur | 2018-02-08T20:30:03+00:00 08 Februarie, 2018|Kategorieë: Internasionaal, Media|