Dit is interessant om te sien hoe belangstelling en inskakeling by die Suidlander Noodplan inisiatief by tye drasties toeneem en in ander tye weer taan.

Wanneer sigbare gewelddadige protes en ander onseker tye soos dreigende massa aksies rugbaar raak, neem inskakeling by die Noodplan drasties toe. Wanneer dinge op die oog af kalm voorkom, neem aansluitings weer af en raak mense genoë met stabiliteit en vrede in die land. Wat min besef is dat die gevaarlikste omstandighede dikwels onsigbaar en onder die dekmantel voorkom.

Ons is tans in sulke omstandighede. Gewelddadige protes kom tans teen matige syfers en intensiteit voor – die tipiese geweldstoestande wat almal voorheen ontstel het, maar waaraan almal weereens gewoond geraak het.

Die groter dreigende gevaar is egter dit wat nie sigbaar is nie. In die stille broei daar ‘n  toenemende spanning  in die politiek. Binnegevegte en wedywering vir magsposisies in die ANC en selfs tussen partye neem daagliks toe. Ekonomiese druk op die staatskas vir volgehoue sosiale toelaag besteding, infrastruktuur onderhoud en ontwikkeling, asook onsekerheid in beleggersvertroue vererger daagliks. Wanneer die aggressor, die rewolusionêr in strawwe kompetisie vir oorlewing is, kom toestande soms kalm voor. Hierdie is gereeld die stilte voor nog ‘n storm.

Blanke Suid Afrikaners moet versigtig wees om te veel te ontspan wanneer geweld en onstabiele omstandighede nie so ooglopend soos altyd is nie. Dit is gereeld tye waar mens selfs meer versigtig moet wees. Bly paraat.