As ‘n geheel gesien na afhandeling van al die fases waaruit die Noodplan uitvoering bestaan, sal u besef dat daar ‘n groot verskil bestaan tussen ‘n idealistiese behoefte om iets te doen en realistiese uitvoerbaarheid en werkbaarheid van ‘n plan.

Baie mense beskryf hul verwagte optrede deur ‘n ideaal uit te spreek. Dit opsigself beteken nie dat dit enigsins uitvoerbaar is nie. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is toe ‘n splintergroep onlangs op ‘n stemboodskap sy leierskap vra om “pelletonne dadelik in elke dorp op te rig.” Met die eerste oogopslag lyk dit na ‘n opdrag wat sin maak, maar wanneer mens dit vergelyk met die harde koue realiteit waarin ons leef, besef jy dadelik, om daardie wens eenvoudig uit te spreek het nog niks op voetsoolvlak verander nie. Deur ‘n ideal te verwoord het in praktyk geen blou duit verander nie.

Die Suidlander Noodplan is nie ‘n idiaal nie, dis ‘n praktiese geimplementeerde program met opgeleide personeel wat fisiese voorbereiding daarvoor in plek het – psigiese, fisiese, geestelike voorbereiding wat nie ideaal sou wees nie, maar afgehandel en gedoen is.

Kom ons illustreer dit soos volg. Vra die vraag: Hoe skiet mens ‘n bok? Wel, die antwoord sal dadelik wees, plaas die kruishaar van jou jaggeweer net so kort onder en agter op die blad, daar waar die hart sit en trek die sneller.

Nee, wat moet jy voor dit doen?

Jy trek jou kamoefleerdrag aan, laai jou geweer en stap die bos in op soek na die bok.

Nee, voor dit. Jy pak jou voertuig – bokse met brood, blikkies kos, eiers, ‘n paar panne, jou klere, skietgoed, slaapsakke, die hele spul. Dan ry jy uit plaas toe.

Nee, voor dit. Wel, jy beplan, sit verlof in, bespreek die jag op die plaas, vra die vrou, trek alles wat jy in twaalf maande gespaar het hiervoor, reёl met die pȇlle, en so aan.

Is dit al?

Wel, iewers moet jy inskiet. Seker uitvind waar die plaas is, kyk of jou voertuig die pad kan ry, brandstof ingooi, reёl waar die vleis verwerk gaan word, hoor of jy verlof gekry het, kyk of jou vrou jou gaan toelaat, ens.

Met bietjie kreatiwiteit sal ons aan nog ‘n honderd sulke punte kan dink wat almal afgetick moet word voor jy die dag die sneller trek. Net soos ons nou ‘n simple vragie (hoe skiet jy ‘n bok?), in ‘n baie gekompliseerde moeitevolle proses verander het, net so het ons oor die jare ‘n klein kort vragie in ‘n lang gekompliseerde moeitevolle proses verander en afgehandel.

Die vraag is: Het jy ‘n plan? ‘n Kort vragie wat soveel groepe deesdae in ideale terme positief beantwoord. Volgende keer as u dit hoor: “Ons het ‘n plan,” dink aan die duisende praktiese prosesse, ontledings, fisiese kommunikasiestelsels, voorbereiding, en beplanning wat afgehandel moet wees voor jy daardie stelling kan maak.

By die Suidlanders is dit afgehandel, in plek, afgetick, nie ‘n ideaal nie.