Hierdie Boervolk van ons is nou al vir 20 jaar op ‘n emosionele wipplank. Ons vorder stapsgewys daagliks nader aan totale anargie, maar hierdie proses, alhoewel egalig oor die jare, vorder met klein sprongetjies. Dit wat die wetenskap beskryf as ‘n ‘punctuated equilibrium’. Klein sprongetjies wat fyn ontwerp is om niemand in daadwerklike optrede in te skok nie. Klein genoeg vir enkele groepies om IETS te wil doen, maar klein genoeg dat daardie gevoel ook maar net weer sal oorwaai.

Toe Pretoria afgesper was, het ‘n hele spul organisasies ‘n beheerkamer opgerig en noodberade gehou. Waar is hulle nou? Toe plaasmoorde begin hand uitruk het almal begin dreig, waar is die ouens wat met een-plaasmoord-een-taxi gedreig het? Elke keer begin hierdie groepies paniekerig op en af spring en dreig met een of ander ‘stand’ om dan net weer ses maande later die res met die bier om die braaivleisvure te vergesel.

Nou wil almal weer berade hou, inligtingsessies oor grondonteiening, en die videos loop. Soos met tientalle vorige gevalle sal die Suidlander Noodplan hom nie laat beweeg deur hierdie paniekaanvalle nie.

Plase gaan onteien word, eiendom gaan gevat word, blanke vervolging gaan toeneem, ons taal gaan verder ontwortel word. Ons fokus bly vêr, net soos ons al twintig jaar doen. Ons rig ons in vir anargie.

As jou kind wegloop is jy eers bekommerd, na ‘n dag is jy bekommerd en kwaad en neem jy jouself voor dat hy die pak van sy lewe gaan kry. Na drie dae wens jy so om hom terug te kry dat jy wat sal gee en van al die strawwe vergeet het.

Hierdie volk gaan nog ongelukkig raak met die Suidlander inisiatief, dan kwaad en dan eendag in die toekoms so bly dat ons daar is, dat hulle enigiets sal doen vir die Suidlander masjien om in werking te tree.

Gaan maar deur julle emosies, ry maar wipplank, hou julle berade, rig julle beheerkamers op. Aan die einde van die dag gaan alles in duie stort, dan is ons daar, ingerig en gereed.