Suidlanders Verklaar Oorlog – Deel 1

afrikanerbondDie volgende reeks bestaan voorlopig uit 5 dele en dit is uiters belangrik dat u die volle reeks lees, verstaan en aan soveel as moontlik kontakte aanstuur. Hierdie 5 skrywes is inderdaad ‘n oorlogsverklaring teen die vyand van die Boervolk. Daar moet baie agtergrond gegee word en ons gaan oor die volgende 5 dae baie geskiedkundige feite en bewyse op die tafel sit sodat u die volle prentjie van ons verdrukking kan verstaan.

Aan die einde van die reeks sal dit vir u duidelik raak hoekom die Suidlanders saam met getroue volksgenote nou ‘n inligtings oorlog teen misleiding wil aanvoer. Al 5 berigte moet gelees word om al die rolspelers in daardie verleiding teen die waarheid te kan identifiseer.

Hos 4:6 “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis“ Nou begin ons die kennis beskikbaar stel.

Ken jou vyand!

Daar is hoofsaaklik drie partye betrokke in die Suid Afrikaanse konteks. Die ANC, die Liberale Wit Kapitale Mag (Die Reus) en die behoudende wit werkersmag. Daar is ander wat ons sal bespreek, maar hierdie drie verdien fokus.

Die ANC

Die ANC het dekades gelede al oorlog teen die blankedom verklaar. Hulle doel was duidelik, totale oorname en beheer oor alles wat deur die koloniaal opgerig is. U sal later sien dat hulle dit nie so suksesvol kon doen nie. Hulle het in tipiese Afrika kultuur die verdrukte en tenagekomde gesiggie opgesit en met bomme en landmyne die SA weelde begin annekseer.

In die begin het die ANC weinig vermoëns gehad. Eers vanaf die laat 50’s kon hulle met behulp van befondsing en opleiding uit kommunistiese lande, maar veral weens ‘n propaganda veldtog onder die swart werkersmag en in Westerse lande begin om ‘n werklike bedreiging vir stabiliteit in Suid Afrika te wees. Vir die swartes was dit eenvoudig, hulle wou deel in die rykdomme wat deur blanke hande opgerig is. Hulle wou deel in die mag en weelde van ‘n ryk Suid Afrika.

Ja, die reënboog ideologie is met versiersels getooi en ewe fraai aan die koloniaal aangebied, maar ‘n kykie in die ANC Vryheidsmanifes openbaar gou die werklike intensies. Ironies het meeste van die versiering en inkleurwerk oor die reënboognasie nie van die ANC se kant gekom nie, maar van die blanke. Daarsonder sou hulle dit met geen geld of goeie woorde kon verkoop nie. Later meer hieroor.

Die ANC-regime het destyds sy befondsing, opleiding en hulp vanaf Rusland en ander kommunistiese lande ontvang. Brian en Sonja Bunting, lede van die SAKP het so vroeg as Maart 1954 reeds die Sowjet-Unie besoek as gaste van die “All-Union Society for Cultural Relations With Foreign Countries.“ Walter Sisulu, Sekretaris Generaal van die ANC asook Duma Nokwe, President van die ANC Jeugliga besoek Romania in 1953.

Die kommunis het geen welbehae in die oorwinning van die verdrukte swart werker nie, hy het langtermyn planne met die land gehad. Die kommunis se insette in die ANC vryheidstryd was geensins om die “verdrukte“ swartes van Suid Afrika ‘n beter lewe te gee nie. U moet onthou dat die ANC se openbare motief tot hierdie stryd eenvoudig was tot die voordeel van die werkersklas. Vir die kommunis beteken die werkersklas weinig. Daar was baie groter planne en ideale van Rusland en Kuba om hulle hulp vir die ANC aan te bied.

In Suid Afrika was die kommunis se vyand nie net die blanke bevolking nie. Hulle het baie goed geweet dat daar ‘n ander baie kragtige Reus as vyand skuil. Hierdie Reus was die ekonomiese geldmagte wat oor baie jare opgerig is en baie noue skakels en verhoudinge met internasionale ekonomiese magte gehad het. Vir Rusland om self toe te tree tot ‘n gewapende stryd om die rykdomme van Suid Afrika te bekom, sou bykans onmoontlik wees en sou verseker militêre bystand, sanksies ens. vanaf ander Westerse moonthede uitgelok het.

Die kommunis se modus operandi was veel meer effektief en langtermyn. Eers het hulle begin om die swartman in SA bewus te maak van ‘n vooruitsig van ‘n magsoorname. Aan die swartman is daar uitgelig hoe nie in beheer hy was nie. Aan hom is verduidelik hoe die mooi motors, huise en rykdomme van die blanke ook syne kan wees. Die vrae is geplant, hoekom kan jy nie stem nie, hoekom kan jy nie deel in dit wat so mildelik in die blankes se skatkamers vloei nie.

Toe begin die kommunis gee, maar hy gee nooit as dit nie vir sy eie voordeel is nie. Hy gee wapens, opleiding, hy stuur agente wat help met beplanning, verskaf veilige blyplek aan ANC terroriste, tref reisreëlings en vele meer. Liberale blankes word geïdentifiseer om organisasies op te rig teen die Nasionale Party regering. Hierdie organisasies skep die indruk van medelye teenoor “swart verdrukking“ en is die voorloper van bewusmakings veldtogte in Westerse lande. Organisasies soos Black Sash en End Conscription Campaign word opgerig. In Westerse lande soos Amerika, Engeland, en Duitsland word studente betaal om anti-apartheids protesaksies te organiseer. Baie van hulle weet nie eers wat dit beteken nie. Russiese agente neem fotos in Suid Afrika waar swartes in parke slaap en versprei dit oorsee as fotos waar swartes deur blankes afgemaai is. Geld word in asdromme gegooi sodat swartes afgeneem kan word waar hulle in die dromme grou. Hierdie beeldmateriaal is wydverspreid en is alles deur Rusland befonds.

Aan die einde van die vyftiger jare begin die ANC vermoë kry weens die propaganda veldtog wat die kommunis vir hom reël. Teen Februarie 1962 was die ANC se Mzwandile Piliso daagliks in kontak met die Sowjet-solidariteitskomitee in Kaïro. Deur hom verskaf die Russe finansiële bystand aan Oliver Thambo, Nelson Mandela en Robert Resha. Die Britse Eerste Minister Harold Macmillan besoek SA en lewer sy bekende “Winde van Verandering“ toespraak.

Skaars ‘n maand later sterf 10 polisiemanne toe ‘n skare in Cato Manor in Natal oproerig raak. Weke later op 21 Maart 1960 skiet die polisie 69 betogers in Sharpeville dood by ‘n optog. Die beeldmateriaal word weereens propogandisties die wêreldmedia ingestuur. Twee dae later stort die Suid-Afrikaanse Aandelemark ineen. Wit Suid Afrika word met ‘n skielike swart bedreiging gekonfronteer.

Reeds op hierdie vroeë stadiums begin die liberaal beheerde elemente wat sterk ingegrawe is in die Suid Afrikaanse ekonomie, die moontlikheid van ‘n swart oorname erken en begin hy hom posisioneer. Minder as ‘n maand na Sharpeville probeer David Pratt van die Liberale Party vir HF Verwoerd by Milnerpark vermoor. Die wêreld se persepsie begin verander en die gedagte dat ‘n groot hoeveelheid Suid Afrikaners die apartheidsbestel teenstaan, begin ontwikkel. Teen Junie daardie jaar vlieg Verwoerd na London en probeer die wêreld oortuig dat die groot meerderheid van blanke Suid Afrika nog behoudend en apart van swart volkere wil voortbestaan. ‘n Geveg wat die Nasionale Party later teen die propaganda mag verloor het, of eerder aan hulle uitverkoop het.

Teen 1990 is die Suid Afrikaanse blanke geldreus moeg vir die aanval, beskuldigings en finansiële implikasies van internasionale anti-apartheidsveldtogte en sanksies. Hy is reeds goed geposisioneer om sy mag te behou deur te onderhandel met die ANC. In daardie jaar begin die Kodesa onderhandelinge. ‘n Reënboog konsep word verkoop aan die blankedom en die swart gevaar word in duidelike terme as regverdiging aangebied. Dit in ‘n tyd waar die Suid Afrikaanse Intelligensie Dienste die vermoë gehad het om elke ANC lid tot op “street committee“ vlak binne 48 uur op te tel. Deur die ANC oorname verkry die kommunis sy vashou plek in Suid Afrika. ‘n Koue oorlog wat oor dekades teen die blankedom geveg is kom tot ‘n einde. Maar die oorwinning is net gedeeltelik. Wat die ANC en sy swart massas gekry het, was net ‘n gedeelte van die buit. Die rykste skatkamers is veilig met onderhandelinge versteek. Die kragtigste posisies en meeste invloed bly in ‘n paar blanke hande wat reeds aan die einde van die 18de eeu opgerig was.

Die volgende artikels gaan in diepte die saak verder bespreek.

 

Deur | 2017-07-14T13:22:13+00:00 13 Julie, 2017|Kategorieë: Die Reus, Oorlogsverklaring|