Hieronder volg terugvoer vanuit die veld op die Pretoria Noord Suidlanders se roete oefening op die 19 – 21 Mei 2017

19 Mei 2017

09:49

Ons roete verkenning “tech centre” in die bakkie. “Plot a Route”, Google Maps, GPS, radios en handnotas, fone.

09:55

Hoofleiers wat die lang roetes verken …NB… hierdie is die fase roetes wat slegs die hoofleiers voorlopig mag van weet om na anargie en fase-aktivering die kaarte aan lede uit te deel nadat ons vertrek vanaf die “visvang plekke”.

10:04

Ons word behoorlik getoets, vroeg vanoggend ‘n skokbreker gebreek.

10:04

En ‘n band wat ‘n lek gekry het.

12:32

280km se agterstrate gery in 6 ure. Wys hoe baie tyd agterpaaie en afbreekpunte neem.

14:12

355km Met hobbels en slote na 7 ure se ry. Ons het darem nou ‘n oorstaan plek geïdentifiseer.

 

14:13

Gemiddelde spoed op die agterpaaie is nie meer as 40km/h uur nie. Maak reg vir ‘n oorslaap of twee en ‘n lang dag elke dag.

15:25

412km en 10 ure later teen gemiddelde 40km/h op ‘n hobbelrige pad. Ons eerste oornagpunt is darem nie te ver meer nie.

16:11

Net minder as 11 ure. Die span bly vir die aand oor om more weer verder te gaan.

20 Mei 2017

08:13

Reg om in die pad te val vir die tweede deel van die roete.

09:51

Dag 2…30Km in roete in en sinkplaat pad…weereens nie meer as 40Km/h se ry nie.

10:09

Die pad is vandag sleg en ons is af na 20Km/h …nou eers 40Km in roete in.

10:23

Maak maar reg vir slegte dele in die pad…veral vir lae profiel voertuie…en he toerusting byderhand om gate te vul en alternatiewe ompaaie te maak.

11:20

3 Ure aan 90km gery…gemiddeld 30Km/h…dis wat rowwe pad aan jou spoed doen.

Een positiewe ding is…as jy so stadig ry lyk die brandstof verbruik beter.

11:49

Wel verdiende koffie breek.

17:01

Na ‘n lang dag se ry…saal ons af en doen die roete besprekings om die kamp vuur.

21 Mei 2017

06:48

Lekker koud vanoggend…vandag gaan n langer as gewoonlik rit wees.

09:20

Die konfooi skop goed stof op…so dit rek al langer uit vir sigbaarheid…dit op sy eie het ook verskeie uitdagings.

10:39

Dis nou al duidelik elke drywer behoort n navigator/radio operateur te he…vir soveel goeie redes.

10:42

Ons ry vandag een roete agteruit…so nou moet jy aan elke draai ook so dink as jy notas maak…so asof jy nou eintlik in die regte rigting ry…jy moet nogal kophou en bordjies volg.

11:14

Met die uitrek van die konfooi het twee voertuie die afdraai gemis…gelukkig kon ons dit weens gereelde kommunukasie vinnig herstel.

12:22

En dis hoekom ons lang volgafstande het…bolle stof.

14:00

190km…5.5 ure …nog steeds 40km/h gemiddeld….sorg dat jy ten minste twee hand radio batterye en base laaiers in jou voertuig het.

En sommer genoeg usb kragpunte ook…

17:17

Ons is uiteindelik weer by die huis…dankie aan die leier span vir julle opoffering en diensbaarheid…met die roete-beplannings.

Was n goeie rit…baie werk wat voorle.