Suidlander projeksies is letterlik dekades voor die algemene publieke gevoel. Die anargie waaroor ons al jare waarsku het nou uiteindelik ingesink en liberales erken dat dit enige tyd moontlik is. Elke volksinstansie kom nou met ‘n sogenaamde noodplan vorendag. Terwyl mense nou eers opvang, laat ons die volgende projeksie beskikbaar stel.

Dinge gaan ondraaglik raak in groter stede. Behalwe vir ‘n verdere toename in armoede en daaropvolgend misdaadvlakke, gaan die grond- en eiendomgrype bydrae tot konflik in stedelike gebiede. Rasse-insidente en konfliksituasies gaan toeneem en u omstandighede gaan al meer ondraaglik raak.

Begin uself psigies en fisies voorberei om hierdie plekke eerder vrywillig te verlaat as om te wag vir ‘n vlugtelingsituasie. Dit stroop ook met een van oom Nicolaas se gesigte wat hy sien hoe opregtes trek na veiliger areas voordat anargie nog uitbreek.

Begin om plekke te identifiseer waar ‘n mens ‘n bestaan kan maak. Alle kleiner dorpies in die platteland het goedkoop huise wat gedeel kan word. Begin om sulke plekke in te rig met huisraad, slaapgoed, klere, kos en ander lewensmiddele. Volgens die huidige verwikkeling van sake raak dit uiters gevaarlik om al u goed op een plek, en dit nog in hoё populasiedigtheidsgebiede, te hê.

Begin ry en plekke identifiseer waarheen u in sulke tye, selfs tydelik kan na herlokeer. Begin u voorbereiding toets en kyk hoe gemaklik u met kampgoed of karavaan kan leef.

Stedelinge wat nog ‘n skielike nagaanval of anargie toestand verwag, kan dalk in die nabye toekoms ‘n ontnugtering hê. Dinge kan moontlik geleidelik so versleg dat dit reeds lank voor anargie ondraaglik in sulke gebiede raak.