In die oorgangsjare vanaf apartheid was daar ‘n tyd van ongekende geweld tussen swart faksies in Suid Afrika. In hierdie tyd het die ANC en Inkatha Freedom Party gewapende magte in klein groepies teen mekaar ontplooi.

Hierdie groepies het bekend gestaan as SDU’s (Self Defence Units). Dit was gewoonlik groepies tussen 8 en 15 met AK-47’s gewapen en het ook gereeld met (die ou) weermaglede  in veral die Kathorus (Kathlehong, Vosloorus en Thokoza) gebots. Die konflik tussen swart faksies het tot die dood van duisende mense in hierdie tyd gelei.

Na afloop van die vlaag politieke sluipmoorde die afgelope tyd dring die ANC Jeugliga nou aan op drastiese optrede. Die Provinsiale Sekretaris van die Jeugliga, Thanduxolo Sabelo, wil nou aan die provinsiale vergadering voorlê dat SDU weer bewapen moet word en ontplooi word om ANC lede te beskerm. “Members of the units should be trained to do patrols, and be able to handle firearms so that they can defend their communities, and defend leaders.

Oproepe om privaat magte op te rig doen elke nou en dan die rondte. Die massa militêre opleiding wat deur die ANC aan jeugdiges gebied word, asook oproepe om SDU’s te herontplooi, behoort ‘n ernstige waarskuwing te wees vir die blanke gemeenskap in Suid Afrika.

Die rewolusionêre klimaat neem drasties toe en gewapende voorbereiding op voetsoolvlak brei nou vinnig uit. Kry u voorbereiding logisties, en verdedigend, afgehandel.