Vakansietyd

Druppel kleinOns is diep in Desember en die vakansie gees het almal beetgepak. Mense wil nie hoor van die gevare en die slegte nuus wat daagliks deur die media aan ons gerapporteer word nie. Selfs hier by Hoofkantoor sou mense graag bietjie wil terugsit en van die sorge van die land vergeet.

Kom ons maak die beste in so ‘n vakansie atmosfeer en tap die voordeel daarvan vir ons volksaak. U gaan hierdie Desember lekker kuier en ontspan saam met vriende en familie. Gebruik die geleentheid om daar om die braaivleis vuur die hoop en samehorigheid wat die Suidlanders onder ons mense veroorsaak het, met u geliefdes te deel. Maak dit u missie om hierdie Desember die positiewe van die Suidlanders met soveel as moontlik te deel. Kom ons begin aanstaande jaar sterker en met nog meer getroue deelnemers wat kan meewerk aan ons volksaak.

Elke ontmoeting van ‘n nuwe vriend, elke geleentheid vir ‘n gesprek hou die potensiaal om lewens te red. Moenie die geleenthede wat die Vader ons gee om nog mense aan boord te kry, verspeel nie. Niks in die lewe gebeur toevallig nie. Maak jouself beskikbaar as ‘n agent vir die Lewende Vader en deel die Suidlander nuus waar u ookal gaan.