Vakansietyd

Ons herinner almal weer daaraan om nie in die vakansieseisoen te verslap op u paraatheid en gereedheid nie.

Vir die wat kies om met Jan Tuisbly se karretjie te ry, hou in gedagte dat van die leierskap en sleutelpersone dalk moontlik oor die feesseisoen mag weggaan. Reël ‘n vergadering en kom ooreen om hierdie situasie te oorkom.

Vir die wat weggaan, oorweeg u omstandighede noukeurig. Woon u in stedelike gebiede? Indien anargie sou uitbreek sou u moontlik nie kan terugkeer huistoe om u voorbereiding te gaan haal nie. Kan dit moontlik geskuif word tot buite stadsgebied? Watse ander reëlings kan u tref?

Kontak die leierskap in die area waar u gaan vakansie hou. Sorg dat u op hoogte kom van die nommers en reëlings om tydens u vakansie aan daardie area se noodplan reëlings te kan deelneem.

Terwyl u op vakansie is kom die volgende reëls steeds na:

  • Vergewis u van paaie en roetes uit die gebied waar u vakansie hou.
  • Bereken die afstand vanaf u vakansieplek na u beplande veilige plek.
  • Vergewis u van gevaarlike areas in u vakansiegebied.
  • Hou u brandstoftenk vol.
  • Hou grypsakke en voertuig noodvoorraad in u motor.
  • Neem u volle wettige hoeveelheid ammunisie asook die nodige (wat prakties sin maak) vuurwapens saam.
  • Neem alle belangrike dokumentasie met u saam.
  • Tref reëlings met lede wat tuis bly vir hulp met wat u agterlaat.
  • Bly konstant op hoogte van verwikkelinge in SA ten opsigte van moontlike onstabiliteit sodat u vinnig kan reageer.
  • Tref reëlings met die Suidlander kantoor om u Nood Waarskuwingstelselboodskappe te wysig na die area waar u gaan vakansie hou.

U kan ook die Suidlander Hoofkantoor kontak om u te vergewis van die risikos wat gepaard gaan met die area waarin u gaan vakansie hou. Hierdie is ‘n gratis diens.

Vir die wat die vakansieseisoen ‘n bietjie weggaan, en vir die wat tuis bly, bly paraat en wees verantwoordelik.