Die mosie van wantroue teen Zuma het die politieke speelveld weer ‘n paar dae van opgewondenheid verskaf. Vandag kan Zuma spog met nog ‘n mislukte poging om hom uit die kussings te lig.

In die media vir blanke lesers, luisteraars, en kykers, is daar ‘n duidelike nederlaag teen die groot Zuma euwel. Die groot doring in die vlees vir Suid Afrikaanse vooruitgang, vrede, en sukses sal vir nog ‘n tydperk in mag bly.

Daar is egter ‘n baie groter gevaar vir die opregte volksgenoot. Hierdie mosie teen Zuma was nie soseer ‘n hoopwaardige poging om die land van ‘n Afrika-terroris te bevry nie. Dit was eerder ‘n poging om die blankedom se hoop weer op ‘n politieke uitkoms te vestig.

Solank as wat die behoudende in Suid Afrika ‘n liggie daar vêr in die tonnel aangebied word, sal hulle met albei hande daarna gryp. “Verwyder vir Zuma en alles gaan OK wees.

Wie is die volgende Afrika leier wat vir sy eie mense bereid gaan wees om elke reël in ons hoogsaangeskrewe grondwet te buig om ons van ons taal, kultuur, voortbestaan en outonomie te beroof?

Daar gaan weer ligpuntjies geskep word. Iets om aan vas te klou. Iets wat ons fokus op die onvermydelike vertroebel. Alles gaan in duie stort. En uit die chaos sal die Vader ‘n Godsvresende volk onder die vierkleur versamel.

Hou op gryp na grashalms, gryp die beloftes van ons Vader en die profesieë wat Hy ons gegee het vas. Rig jouself daarvolgens in en draai ‘n koue skouer vir die valse hoop wat hierdie politiese speletjies bied.