Vaste Vertroue

Gen 5:24: “Hy het naby God geleef en toe was hy nie meer daar nie, want God het hom na Hom toe weggeneem.” Henog het so naby die Vader geleef dat hy reg in die hemel ingeloop het. Dit was ‘n wandel met God op ‘n baie hoё vlak.

Die Amplified sê: “And Enoch walked (in habitual fellowship) with God; and he was not, for God took him (home) with Him.” Het hulle so al geselsende oorgestap hemel toe? Heb 11:5: “Because of faith Enogh was caught up and transferred to heaven…”

In Risky Living deur Jamie Bugingham staan daar: “The more your walk by faith and not by sight, (2 Cor 5:7) the less you need to understand Him. Something else begins to happen.” Vrees val weg, ‘n vaste vertroue begin ontwikkel.
Ps 91:4,5: “Hy beskut jou onder Sy vleuels en is vir jou ‘n veilige skuilplek. Sy trou beskerm jou van alle kante. Jy hoef nie bang te wees nie…” Van ons kant af moet ons onsself oefen om ons oё op die Vader gevestig te hou; ons vra: “Beskerm my soos die appels van U oog, steek my weg in die skaduwee van U vleuels.” (Ps 17:8) Bonatuurlik, ongelooflike, genadige beskerming – gebore uit geloof. Ps 4:25: “Hou jou oё op die pad vorentoe, kyk reg voor jou uit, (vers 27) moenie links of regs wegdraai nie, weerhou jou van die verkeerde koers.”

Dit beteken ook ons moenie ons aandag laat aflei deur omstandighede in die wêreld nie. Daar is deesdae baie metodes wat die vyand gebruik om ons oё en gedagtes van ons Skepper God af te trek. Die nuuste slegste nuus flits by ons verby op elke lamppaal. Ja, dit verkoop koerante, maar dit plant ook saadjies van vrees en onrus.

Daar is baie aanslae op ons lewenspaaie, die Woord het vir alles voorsiening gemaak. Soos die padtekens ons waarsku langs die paaie, so is God se Woord besaai met aanmanings, bemoedigings, inligting plus wegwyser. Ons moet al ons aandag gee en gehoorsaam wees, dan sal ons soos Paulus kan sê in 2 Tim 4:7,8: “Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig end-uit volgehou. Nou wag die oorwinnaarskroon vir my, die lewe by God…”

Liefdegroete, Anen

Deur | 2018-02-04T21:27:17+00:00 04 Februarie, 2018|Kategorieë: Geestelik, Hoekom Suidlanders|