Veiligheidsmaatreёls

Die volgende paar wenke is op sosiale media geplaas, waarna ons daarop uitgebrei het. Hou die volgende in gedagte:

  • Kyk vir verdagte persone of voertuie naby jou huis en bel die polisie as jy onveilig voel. Kyk vir voertuie voor en agter jou voor jy by jou inrit opdraai. Moenie voor die hek stop en wag dat dit oopgaan nie, hou u voertuig in ‘n beweegbare rigting.
  • Kyk vir kriminele tekens voor of naby u huis en gee aandag.
  • Gesels met u bure oor moontlike verdagtes of gevare, tref reёlings met hulle vir hulp en bystand in noodgevalle.
  • Byle, skêre en gereedskap wat teen jou gebruik kan word moet veilig toegesluit wees. Sluit ook lere, grawe, vurke en ander inbraak gereedskap toe.
  • Alle buite hekke en deure van garage, stoorkamer, waskamer, buite toilet, ens. moet te alle tye toegesluit bly.
  • Alle artikels wat aanloklik vir diefstal is, bv. fietse, motorfietse, speelgoed, wasgoed, ens. moet buite sig en toegesluit bly.
  • Alle artikels wat aanloklik vir diefstal is, moet buite sig of uit voertuie verwyder word.
  • Let op na takke of ander items wat alarms of elektriese omheinings kan laat afgaan of buite werking kan stel.
  • Hou alle buite-huisdeure en hekke toegesluit.
  • Bêre u sleutels op ‘n veilige, nie-sigbare plek, verkieslik by u in die toegesluite slaapkamer.
  • Hou saans alle gordyne en blinders toegetrek, asook bedags die vensters wat van die pad/straat gesien kan word.
  • Bêre kosbare artikels in u huis weg van vensters en waar dit maklik gesien kan word.
  • Sorg dat alle buite-vensters toegemaak en op knip is.
  • Sorg dat kamers sonder diefwering se binne-deure gesluit bly.
  • Selfone moet noodnommers gestoor hê.
  • Maak seker dat u alarm saans geaktiveer word en dat venster kontakte behoorlik werk.
  • Maak seker dat alarms gekoppel is aan elektriese heining en aan is.
  • Hou altyd die alarm se paniekknoppie naby u.
  • Toets u alarm en ander veiligheidstoerusting gereeld.
  • Hou u vuurwapen en/of ander wapens aan u.
  • Doen toetse gereeld indien u ‘n 2-rigting radio gebruik.
  • Skakel u buite- en bewegingsensor-ligte aan en toets dit gereeld.
  • Honde behoort buite in die erf, asook binne in die huis te wees.
  • Hou ‘n flitslig byderhand en toets dit gereeld.
  • Hou verkieslik voertuigsleutels aan u, indien u dit vinnig nodig sou kry.

 

 

 

Deur | 2018-03-06T20:05:00+00:00 06 Maart, 2018|Kategorieë: Ander, Belangrike Kennisgewing, Belangrike waarskuwing, Hoekom Suidlanders, Risiko's in SA, Voorbereiding|