Die oorspronklike berig het op sosiale media gesirkuleer. Skrywer onbekend en aanpassings is deur Suidlander personeel gemaak.

Dit is belangrik om ‘n noodplan vir huise en voertuie te ontwikkel sodat mens nie onkant en onvoorbereid gevang word nie. Die volgende is ‘n paar handige riglyne wat gevolg kan word: 

  • Kry ‘n kluiskamer om heen te vlug.
  • Wees minder agterlosig en meer paraat.
  • Maak seker dat alle deure en vensters in die aand toe en gesluit is.
  • ‘n Klein hondjie binne die huis dien as goeie alarm.
  • Stoor noodnommers op ‘speed dial’.
  • Skep ‘n WA noodgroepie van onmiddelike bure wat as eerstelyn hulp kan dien.
  • Hou selfoon altyd vol gelaai.
  • Kry ‘n tweede weggesteekte kluis waarin baie waardevolle besitting gebêre word, laat minder waardevolle items in algemene kluis.
  • Toets gekoppelde alarmstelsel 2 maandeliks en kyk hoe lank die reaksiemag neem om op te daag.
  • Moenie van onbekende tuinwerkers en huishulpe gebruik maak nie, hou kopieë van hul ID dokumente  en weet waar hulle woon. (Baie inbrake word aan huishulpe en tuinwerkers gekoppel)
  • Hou baie belangrike dokumente in ‘n grypsak in geval van ‘n brand.
  • Onderhou wettige vuurwapen en gaan gereeld skietbaan toe om in oefening te bly met die gebruik daarvan
  • Hou pepergas in jou handsak, motor, by elke buitedeur en by jou bed. Dit sal nie aanvaller stop nie maar jou ‘n beter kans gee om weg te kom.
  • Moet nooit met oop vensters bestuur nie!
  • Moenie motor venster oopmaak vir enigeen nie.
  • Kyk gereeld in jou truspieëltjie en bly bewus van jou omgewing veral as jy stop by ‘n stopstraat of rooilig.
  • Moenie enige items sigbaar in motor los nie.
  • Sorg dat jou motoronderhoud op datum is.
  • Gaan spaarwiel gereeld na.
  • Maak seker noodgereedskap is volledig en in werkende toestand.
  • Oefen noodplan gereeld.

Ons moet aanvaar ons leef in moeilike tye en konstant in ‘n staat van gereedheid leef. Wees paraat en gereeld.