So, Ramaphosa het gewen. Ons het voorheen mooi verduidelik hoe daar twee partye in hierdie toutrek kompetisie is. Ramaphosa, wat sedert CODESA al deur die blanke geldmag gepoets word vir wit monopolie kapitaal belange, en dan Dlamini Zuma wat duidelik die naturelle tradisionele Zuma bestuurstyl, en uiters pro-Zuma (kyk na die Vanne) kant verteenwoordig.

Ons betree nou ‘n nuwe risiko tyd (hierdie is nie ‘n amptelike Suidlander risiko tyd aankondiging nie, maar ons noem dit desnieteenstaande). Die Doringbosregering het ‘n skyn-oorwinning met die verkiesing van Cyril behaal. Nog ‘n bietjie plunder, nog ‘n bietjie miljarde wat na die wit mynbase gaan vloei, maar dit gaan niks doen aan die slakkepas oppad na anargie nie. Iets wat hulle ook wil hê.

Dit is die troefkaart. Wanneer anargie eventueel uitbreek, sal dit die perfekte verskoning wees vir die blanke geldmag om hul base in Brittanje ‘n telegram te stuur wat gaan lees: “Verklaar die ANC nie-legitiem. Erken ons Doringbos in die Kaap.”

Die gevaar lê egter hierin, Jacob Zuma het nou sy ondersteuningsbasis (Dlamini) verloor. Hy is nou die swaar gewonde leeu met sy rug teen die muur. Die blanke geldmag is die jagter wat nader kom met oorlaaide selfvertroue.
Die situasie is plofbaar. Die prooi kan in ‘n oogwink die jagter word. Zuma gaan moeilik ou Afrika kultuur verraai deur gedweë afstand te doen van sy ‘Chief of command’ militêre gedagteset en wêreldbeskouing, net om deur die witman met sy regsbank-geweertjie van kant gemaak te word nie.

Die Zuma bestel het ‘n bloedstreep van politieke sluipmoorde deur Suid Afrika gelos. Hy kan enige oomblik sy ou gewoontes eskaleer, sy agterstewe red (of probeer) en tot militêre, aggresiewe (offensiewe in elk geval) of diesmeer oorgaan.

Wees verseker, niks is vandag beter as wat dit gister was nie.

As hierdie artikel u verwar, som ons dit op in 11 woorde.

Skakel in.
Kom voorbereid.
Kom in gereedheid, fisies, intellektueel en geestelik. Sterkte.