Vergadering: Sentraal Vrystaat

Suidlanders Sentraal Vrystaat hou ‘n belangrike vergadering die eerskomende naweek te Eunice Laerskool saal.

Drie sessies word gehou met Simon Roche as gasspreker:

Vrydagaand 17h45 vir 18h00

Alle lede is welkom, maar hierdie sessie is hoofsaaklik vir nuwe lede. ‘n Oorsig oor Suidlanders en die Noodplan sal hier behandel word. Dit is belangrik vir bestaande lede om hul te vergewis met die stand van sake in ons land en daarom sal ons aanbeveel dat u hierdie sessie bywoon.

Saterdag 10h00 tot 12h30

Simon sal al u vrae persoonlik beantwoord. Vrae oor wie Simon is sowel as die Suidlander organisasie sal behandel word.

Saterdag 14h00 tot 17h00

Hierdie sessie moet asseblief deur alle lede bygewoon word. Lede sal hier by klein groepies ingedeel word en baie belangrike inligting sal deurgegee word, onder andere: Fases van onttrekking, VBS oprigting, die baie belangrike klein groepe en bymekaarkompunte, funksies van verskeie departemente en ander uiters belangrike inligting.

Lede van regoor die Vrystaat is welkom, ons sal u help om groepe in u omgewing op te rig en by ons in te skakel.

Kom raak betrokke, kry al u vrae beantwoord sodat u ingeligte besluite kan neem ten opsigte van u en u geliefdes se veiligheid.

Vir enige navrae kontak Ferdi Mollentze gerus by 072 110 8239

Deur | 2018-07-09T16:31:03+00:00 09 Julie, 2018|Kategorieë: Ander, Belangrike Kennisgewing, Hoekom Suidlanders, Opleiding, Voorbereiding|