Vir Wie Is Die Suidlanders?

AdminHierdie is ‘n herinnering dat die Suidlander Organisasie nie ‘n groep mense is wat vir hul eie voordeel in voorbereiding is nie. Suidlanders is vrywilligers wat hul tyd, moeite en kundigheid beskikbaar stel vir die volk.

Wanneer anargie uitbreek, sal mense vlug of hul voorbereid is of nie, almal sal vlug om weg te kom van gevaarlike gebiede. Dit is waar die Suidlander Noodplan sal lewens red. Ons hou ons besig met voorbereiding, opleiding en beplanning om vlugtelinge op sekere veilige punte te ontvang en strukture te skep sodat onvoorbereide vlugtelinge aangewend kan word om lewensbelangrike funksies soos voedselprodusering en die volhoubare benutting daarvan te implementeer.

Die Suidlander Noodplan is opgestel as ‘n volksinisiatief, nie vir Suidlanders nie. Ja, u voorbereiding en bereidwilligheid om in ons strukure aktief te raak sal u in ‘n baie beter posisie plaas. Om in sulke omstandighede ‘n onvoorbereide vlugteling te wees, kan hoë eise stel. As u vir u volk en vir u geliefdes (en uself) ‘n voorsprong op oorlewing in die komende tye van anargie wil gee, raak betrokke, skakel in by ons Noodplan inisiatief, raak aktief en stel uself beskikbaar.

Dit is ook baie belangrik om by ons Nood SMS stelsel in te skakel. Hierdie stelsel gee u daagliks ‘n nuus SMS en sal u op hoogte hou van gebeure in die land. U ontvang ook ‘n Waarskuwings SMS van protesaksies en groepering wat in u direkte area vir u ‘n bedreiging mag inhou. Die stelsel beloop R49 p/m en sal selfs ten tye van ‘n vlugsituasie belangrike inligting kan deurgee. Hiervoor kan u epos na [email protected] of sms stuur na 071 483 0132.

Rustige naweek,

Groete Bestuur