Die belangrikste beginsel van u kosvoorbereiding is om nie een stapelvoorraad te hou nie. Die volgende beginsel word deur ervare ‘preppers’ toegepas:

Koop vir ‘n paar maande u maandelikse kruideniersware op bietjie groter maat as normaal. Voorkom om daagliks by kleiner kruidenierswinkels te koop om sodoende beter pryse te betaal. Binne ‘n paar maande, afhangend van u finansies, kan u twee tot drie maande vooruit wees met kruideniersware (wat vars produkte uitsluit). Van daar koop mens steeds maandeliks, maar net artikels wat op spesiale aanbod verkrygbaar is. Dit vorm u eerste lyn van voorbereiding.

Deur dan voortaan net ‘specials’ te koop, sal u heelwat meer kan aankoop. Hierdie ekstra aankope word dan uitgeskuif na u normale voorbereiding. Dit vorm die tweede lyn van voorbereiding. Namate u tweede lyn van voorbereiding aangevul word, kan dit weer die eerstelyn (drie maande se kruideniersware in die huis) aanvul om te sorg dat dit vars bly.

Die derde lyn voorbereiding is u mobiele voorbereiding. Dit is die kampwaentjie of karavaan, wat verkieslik nie by u woonplek moet wees indien u in ‘n stedelike gebied woonagtig is nie. Skuif u mobiele derdelyn voorbereiding nader na ‘n veilige gebied.

Die vierde en vyfde lyn voorbereiding, bestaan uit u voertuigkrat en rugsak.