studenteDie Suidlander Noodplan het oor die jare gegroei tot op ‘n punt waar koördineringsvermoё nou uitgerol moet word na alle volksgenote in hul bestaande organisasies en splintergroepe.

Daar is voorheen gereeld melding gemaak van die onvermoё onder ons volksgenote om saam te werk. Tot en met nou was ons druk besig om ons eie noodplan en bestuursvermoё deur middel van opleiding en oefeninge te finaliseer. Dit was dalk die rede vir ons beperkte skakeling met ander groeperings, en die inisiatief wat ons nou loods, dien as bewys daarvan.

Om effektiewe koördinering tussen die Suidlander inisiatief en ander groeperings te bewerkstellig, is dit belangrik dat alle groeperings oor die nodige bevoegdheid beskik om effektief te kan koördineer. Om hierdie bevoegdheid te bekom, het die Suidlander bestuur oor die laaste maande ‘n inisiatief saamgestel wat ons nou aan alle volksgenote in hul groeps- of organisasieverband aanbied. Hoe kan verskillende groeperings koördineer as elke groepering nie op hoogte is van elektroniese kommunikasiemiddele, digitale kommunikasie, logistieke bestuursprosedures, toepaslike internasionale humanitêre reg, en vele meer nie.

Ons stel aan u ‘n reeks kursusse bekend wat ons aan u organisasie of groep sal kom aanbied. Na afloop van die kursus ontvang u erkenning vir bevoegdheid op hierdie vakgebied.

Suidlander Bestuur sal geen studente van ander organisasies toelaat om by die Suidlanders aan te sluit nie. Indien Verre Noord kommando of die Ratelgroep argumentsonthalwe so ‘n module-kursus wil volg, sal daardie individue nie toegelaat word om by die Suidlander inisiatief aan te sluit as lid nie. Die rede hiervoor is dat koördinering met daardie opgeleide individue binne sy organisasie vir ons belangriker is as om hom as ‘n lid te werf. Suidlander bestuur is ook van plan om in die nabye toekoms aansluiting van lede by die Suidlander inisiatief te staak, slegs elektroniese aansluiting sal toegelaat word.

Die proses wat gevolg word om lede van u groep deur die onderstaande opleidingsmodules te sit, is as volg:

  • Kies ‘n module wat u aan u lede aangebied wil hê. (Navraag rondom die besonderhede van elke module kan gerig word aan [email protected])
  • Rig ‘n versoek aan Suidlanders by [email protected] vir ‘n module-opleiding en ‘n datum – ten minste agt weke kennis is hiervoor nodig.
  • Stel u lede in kennis en verkry die aantal belangstellendes om die kursus by te woon.
  • Alle studente word nou geregistreer by Suidlander Hoofkantoor en studentegelde word oorbetaal na Suidlander Hoofkantoor (Module koste beskikbaar op aanvraag.)
  • Suidlander Hoofkantoor stuur nou vir u een opleidingsmodule vir elke student wat geregistreer het.
  • Sodra die student die modules ontvang, begin hulle met tuisstudie.
  • Teen die opleidingsdatum stuur ons aan u ‘n instrukteur vir die spesifieke module wat aangebied word.
  • Die opleiding begin deur ‘n eksamen wat deur die studente afgelê word.
  • Na die eksamen volg praktiese opleiding oor die module.
  • Na suksesvolle afhandeling van die opleiding, word ‘n bevoegdheidsertifikaat aan die studente uitgereik wat die eksamen geslaag het en die prakties voltooi het.
  • Die finale kursus wat slegs deur studente gevolg kan word wat alle ander modules reeds geslaag het, is die HK koördineringsmodule. Hierdie module stel u in staat om ‘n hele noodplan inisiatief te bestuur en koördinering te bied tussen alle funksionerende departemente.
  • Die finale kursus se koste is beskikbaar op aanvraag en duur ses maande per indiensopleiding.
  • Die finale kursus word te Vanderkloof, Noord Kaap aangebied (slegs op aanvraag.) Verblyf, etes en vervoer is vir die koste van die student.

Die Suidlander inisiatief het ‘n volledige kundige en uiters omskrywende bestuurstelsel daargestel. In die komende tye gaan alle volksgenote moet saamwerk ter oorlewing. Maak gebruik van hierdie kardinale bestuursmeganisme om dit moontlik te maak om u organisasie verder te ontwikkel en uit te brei.

Opleidingsmodules:

GIDSE

  • Beheerpunte
  • Vlugtelingbestuur
  • Kaartlees
  • Medies
  • Trauma ontlonting
  • Veldkuns
  • Mobiliteitsgereedheid
  • Toerusting en uitrusting
  • Oorlewing
  • Wapenkuns
  • Gids-koms
  • Jag en strikke
  • Berede

ONTVANGS

  • Strategie
  • Logistiek
  • Seleksie
  • Plasing
  • Behoeftebepaling
  • Skakeling met boere

VBS

  • Werking
  • Monitering
  • Kartering
  • Verslae
  • Radiowerk
  • Oprigting

LOGISTIEK

  • Oorsig
  • Werwing
  • Stoor en beheer
  • Landbou
  • Dienste
  • Tegnies
  • Vervoer
  • Herstel en Onderhoud
  • BBP Dienste

KOMMUNIKASIE

  • Radiowerk
  • Antennas
  • Digitale kommunikasie
  • Elektroniese kommunikasie
  • Radio Tegnies
  • Elektronies Tegnies
  • Programmering – Radio
  • Programmering – Elektronies

ALGEMEEN

  • Dissipline
  • Polisiёring
  • Wagte
  • Selfverdediging
  • Media
  • Verkenning
  • OP’s
  • Sekerheidsvlakke