Voorneme om te Vervolg

Oud-lede sal onthou hoe ons in die verlede selde indien ooit op swartsmeerveldtogte en leuen-beskuldigings gereageer het, veral so teenoor aanvalle vanaf onkredietwaardige en ongesaghebbende persone. In sekere gevalle, en veral in hierdie tyd waar hordes mense by die Suidlander inisiatief inskakel, het ons besluit om hierdie keer daadwerklik en doelgerig teen die leuenveldtog op te tree wat teen ons geloods word.

Ons vind dat sekere nuwe lede met min ondervinding van ons opregtheid en integriteit moontlik deur sulke veldtogte mislei kan word. Vir die voordeel van hierdie mense, en om weereens lewens te red, gaan ons in die komende tyd alles rondom die Jan Lamprecht leuenveldtog ontbloot en is van voorneme om alle betrokke partye tot verantwoording te bring. Neem kennis.

Deur | 2018-04-10T20:36:38+00:00 10 April, 2018|Kategorieë: Ander|