Die VSA toerspan is steeds hard besig in Amerika om die Suidlander saak daar uit te dra. Ons het nou weer groot vooruitgang gemaak. Met die hulp van ‘n getroue ondersteuner, Matt Williams, is die Suidlander saak aan Donald Trump se beste vriend vir baie jare, Roger Stone, aangebied.

Roger Stone  is ingelig oor die komende krisis in Suid Afrika, en was baie bekommerd  oor die toestand wat hier heers.  Ons is ook meegedeel dat hy die Suidlander saak binnekort op Donald Trump se tafel sal hê.

 

Links is Matt Williams, regs is Donald Trump se boesemvriend, Roger Stone.
Groot Vooruitgang In VSA