‘n Interessante nuwe tyd lê voor vir die ontwikkeling van die Suidlander Noodplan en gemeenskap. Ons is tans hard besig by die Hoofkantoor met ‘n groeiende span personeel  om ‘n hele lys dienste te ontwikkel vir die leierskapstruktuur en die lede daar buite.

Ons is reeds ver gevorder met ‘n reeks DVD’s wat by vergaderings gespeel kan word om Suidlander vergaderings te standaardiseer, interessant te hou en konstant volledige inligting deur te gee. Hierdie reeks word aangevul deur opvolg DVD’s wat aktueel en relevant tot die tyd van uitreiking daarvan is. Toekomstige Suidlander vergaderings sal nasionaal gestandardiseer wees.

Verder het ons nou verskeie HK aanbieders wat op aanvraag gereeld toere regoor SA sal onderneem. Hierdie aanbieders kan van tyd tot tyd interessante praatjies in u provinsie kom lewer. Ons HK personeel bemoeid met sekerheids- en reisreёlings sal leierskap kontak om te assisteer met standaard reёlings vir HK aanbieders.

Ons loods ook eersdaags ons nuwe toegangskaarte wat nou in druk is en binnekort aan ingeskrewe lede uitgereik sal word. Lede wat deur middel van aktiwiteite, getroue ondersteuning en arbeid hul plekke verdien, kwalifiseer ook. HK sal ook met graagte subsidie toegangskaarte uitreik aan lede wat nie die maandelike bydraes kan bekostig nie.

Kaarthouers moet onthou om ten alle koste hul kaarte tydens ‘n ontruimingsituasie saam te neem en by aankoms by veilige plekke te toon. Daar word ook voortaan spesiale DVD vergaderings met meer vertroulike inligting, saamgestel deur Gustav Müller, gehou. Hierdie DVD’s sal dan voortaan slegs aan SL kaarthouers gespeel word op spesiale kaarthouer vergaderings.

U sal ook vind dat ons toenemend meer kort video boodskappe vanaf HK op ons groepe beskikbaar stel. Ons is ook hard besig om instrukteurs op te rig wat met ‘n volgepakte verdedigingsopleiding regoor die land gaan begin. Huidiglik word ongeveer 14 kursusse saamgestel wat onder andere behels: Verkenning, oorlewing, langafstand skiet, dag/nag navigasie, ens.

Die Suidlander inisiatief staan voor ‘n tydperk van ongekende groei. Ons raak meer aktief, groei teen rasse skrede en bied daagliks meer vir ons getroue ondersteuningsbasis. Raak vandag deel van ‘n hegte familie, en skakel in op die Suidlander Noodplan.